MAUREEN (HEYL) SWART skryf: Gert van Rooyen se lekkerlees-herinnering aan Hillbrow het my aangespoor om ook my stuiwer in die armbeurs te gooi oor Hillbrow en omgewing, in 'n tyd wat la-a-nkal saam met die stof oor die Goudstadse mynhope weggewaai het.
Ek kan dit nie glo nie, dis byna vyftig jaar gelede dat ek ook die voorreg gehad het om in hierdie hoë-oktaan-voorstad te kon woon. Maar dit voel soos gister. En vir my, as dorpsdogter, was dit een van die wonderlikste belewenisse van my lewe - mense soos miere in die veilige strate, enige tyd van die dag of nag. Eetplekke en winkels wat deurnag oop was.
(Aangesien Gert en ander joernaliste reeds oor heelwat van die landmerke geskryf het, gaan ek nie oor almal uitbrei nie. Gert se storie is
HIER.)