
Die gewese Voortrekkerpers- en Dagbreekpersjoernalis,
GERT LE ROUX, wat onlangs op 78 in Pretoria aan hart- en longmoeilikheid oorlede is, het as administrateur, statistikus en joernalis diep spore in Suid-Afrikaanse atletiek getrap.
Ná sy universiteitsopleiding aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat het hy in 1956 by die destydse SA Uitsaaikorporasie in diens getree.
Hy was van 1959 tot 1962 lid van die sportredaksie van Die Transvaler in Braamfontein. Hy is daarna na Dagbreek en Sondagnuus in Doornfontein en later in Aucklandpark. Dié koerant het later met Landstem saamgesmelt om Dagbreek en Landstem te word.