Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

30.4.13

Subs is maar stillerige mense

PIET EBERSöHN skryf: Subs is maar stillerige mense, soos onderstaande toon, g’n rasende monsters soos die indruk wat Gert van Rooyen wek nie.

Hennie Eagar (wat het van hom geword?) het op ’n dag vertel van sy beginnerdae by Die Nataller.

29.4.13

Abel Jones ’n ongeslypte diamant

ANDRIES BOTHA skryf: Abel Jones was ‘n ongeslypte diamant. Baie mense wat hom in sy daaglikse omgang, waar hy taamlik bruusk met mense kon omgaan, sien optree het, sou dink hy is ‘n kultuurlose, lomp buffel. Maar onder daardie masker het ‘n mens geskuil wat ‘n smaak gehad vir goeie letterkunde, goeie musiek en goeie wyn.

Ek en Johan Vosloo, ‘n universiteitsmaat wat ek na Die Vaderland

26.4.13

Oogklappe kan ’n verpesting wees

DIRK BENADÉ, gewese wedrenredakteur van Die Transvaler skryf: Dit is verstommend hoe dikwels ’n mens met oogklappe aan jou daaglikse taak verrig en die lewenspaadjie met dieselfde struikelblok om jou nek aandurf.

Die lewenspaadjie met sy legio vertakkinge om jou van koers af te lei, bring mee dat ’n mens met oop gesperde oë verby geleenthede loop

25.4.13

‘Hoenderhok’ open nuwe loopbaan

RAYMOND DICKER skryf: Na aanleiding van Willie Buys en Andries Botha se artikel oor Gert Hattingh: Ek het destyds net ná Gert van Groenkloof by Krokodildrif-Wes af getrek het 'n ou opvouwoonwa se onderstel by hom gekry. Ek het die ding op sy plaas gaan haal en huis toe geneem. Ons bediende het my so ewe gevra of ek dit gaan gebruik om 'n hoenderhok te maak.

24.4.13

Koos en Louis se humor vermaak steeds

CHARL THOM skryf: So oor die jare het ek die voorreg gehad om met heelparty koerantmense saam te werk wat oor ‘n vinnige en baie skerp humorsin beskik het.

Twee van hulle was Koos (Koos Doep) du Plessis wat saam met my by die destydse Nataller gewerk het en Louis Mabille wat ‘n kollega was eers by Die Vaderland en later by die Kamer van Mynwese se Mynblad.

23.4.13

A-a-n-g-e-name k-e-n-n-i-s: Tom Buys-styl

'n Nuusredakteur, so word verklaar, moet sy personeel ken - as 't ware één wees met hulle. Nou ja, soos dit 'n goeie nuusredakteur betaam, sien, het Tom Buys, die groot nuuskokkedoor van Die Vaderland, bewyse gelewer dat hy nie agter in die ry wil staan as hy sy personeel wil ken nie, is berig in

22.4.13

Toe “spark” Ghriespomp beter as 60 ander ouens

EVERT VAN NIEKERK, die destydse motorredakteur van die Die Vaderland, is in 1970 as Motorskrywer van die Jaar aangewys. Die Vereniging van Motorskrywers het hom uit 61 inskrywings die beste geag.

In Hanekraai van Augustus 1970 het kollega Suzelle du Preez (toe
was sy nog ongetroud en het later Fourie geword) haar indrukke van Evert weergegee. Evert het ook ‘n storie oor sy ervarings geskryf.

19.4.13

Landstem "scoop" wêreld met "man op Mars, Venus"

PIET EBERSÓHN skryf: DIE LANDSTEM is in 1950 deur die legendariese koerantman Piet Beukes op die been gebring en is in 1967 deur Dagbreektrust gekoop om so in die stal van die latere Perskor te beland.

Die blad het uit die staanspoor die aandag met sy onkonvensionele aanslag getrek.

18.4.13

Tandestorie ontstig oom Hennie dubbeld

PIET ROODT skryf: Terwyl ek Willie Buys se herinneringe oor Rika van Graan lees, toe onthou ek van die storie van die tande.

Ek was ’n jong verslaggewer by Die Transvaler. Oom Hennie Kotzé (destyds het ons hulle nog ge-oom!) was in die stoel, toe my kontakte by die Johannesburgse Staatslykshuis my met 'n storie bel wat ek aanvanklik nie wou glo nie. Maar toe die manne aanmekaar giggel ...

17.4.13

Gabriel Maphalala: skets deur Len Lindeque

K'rant het al 'n paar keer oor Gabriel Maphalla berig.  Lees hier en hier.

Onderstaande skets van Len Lindeque het in Februarie 1974 in Perskorhaan verskyn.

K'rant sal van tyd tot tyd sketse van Len wat in Perskorhaan verskyn

Hoe ry Philip trap-trap so!

WILMA DEETLEFS skryf: In reaksie op Philip Deetlefs en Willie Buys se motorfiets-ervaring op die tuinroete en verder suid (lees hier), moet ek darem ook ‘n eiertjie lê. Ek was mos darem een van die passasiers.

Die pad was lank en ons het werklik wind en weer getrotseer op ons omswerwinge. Dit was 1979 en ons het elkeen ‘n begroting van R100

16.4.13

Die afgestorwenes kry altyd eer, maar Tom Buys het syne verdien!

WILLIE BUYS skryf: Oorlede Thomas Alexander Buys was ‘n gewilde joernalis en mens onder sy eertydse kollegas. Dit was destyds ‘n groot tragedie dat hy aan die lewe ontruk is terwyl hy soveel potensiaal op joernalistieke gebied, skryfwerk en uitstekende personeelhantering as nuusredakteur van die destydse Die Vaderland gehad het wat nog by verre nie ten volle

15.4.13

Proefleser was oom Kobie van die “Du Plooys van Soetmelksvlei”

Net so tuis voor die mikrofoon as voor die rol- prentkameras. Dit is Pieter Hauptfleisch, 'n man van vele bekwaamhede -- veteraan-akteur, radiopersoonlikheid van faam, verhoogster en ook vertaler, setter en proefleser by die APB in Aucklandpark.

Om in 25 rolprente te speel, talle radioverhale en dramas, elke nou en

12.4.13

‘Kan jy daai woord ooit spel?’

FRANS ESTERHUYSE, gewese spotprentkunstenaar van Oggendblad, Hoofstad, Die Transvaler en Die Vaderland, skryf: Ek stap in die gang af. Elke koerant het ‘n gang waarin jy moet stap. Dis hoe koerante werk. Tikmasjiene kletter links en regs en fotograwe skarrel heen en weer. Die nuusredakteur skree uit die nuuskantoor. Dis hoe koerante werk!

Perskor in Pretoria het sy eie karakters gehad met wie jy moes saamwerk. Ek onthou hulle: Harald en Herman, dis nou Pakendorf en Snyman, Koos Liebenberg, Koos Doep, wat later gesing het, nes Lucas Maree wat’n fotograaf by Oggendblad en ewe bekend was.

My gedagtes maak ‘n sprong na die verlede.

11.4.13

Merkwaardige Niki het dinge op háár manier gedoen

Oudkollega Leoni Benghiat (regs) het K’rant laat weet dat nog ‘n gewese Vaderlandkollega,

NIKI WESSELS (links), op Vrydag, 5 April 2013, oorlede is. 

“Niki se kanker was uitsonderlik aggressief en dwarsdeur haar liggaam versprei en die laaste paar weke kon sy ook glad nie meer self loop nie. En tog het sy haar humorsin deur dit alles behou! Merkwaardige mens gewees!”

Tom vriend eerder as baas

PIET ROOS skryf na aanleiding van Willie Buys se huldeblyk aan sy broer Tom: Aai Willie, ek en Marieta is getroud op 27 Julie 1974 en is toe ‘n maand lank Europa toe vir die wittebrood. Toe ons terugkom, was Tom in die Princess-verpleeginrigting, 'n private hospitaal in Hillbrow. Ons was by sy hospitaalbed en ons kon nie glo wat ons sien nie.

10.4.13

Hans speel ’n werk met vuurhoutjies los

K’rant het HANS LOMBARD, gewese joernalis van Die Transvaler, Die Vaderland en SA Financial Gazette gevra om van sy veelbewoë loopbaan te vertel. Hans skryf: Hoe het ek by Die Vaderland beland, vra iemand my onlangs.

Dit was vroeg in 1956. Ek het pas by Die Transvaler bedank en ‘n pos aanvaar as redakteur van ‘n publikasie in wording, “Wie is Wie in

9.4.13

Die lewe en tye van ’n vroeggestorwe joernalistieke uitskieter

WILLIE BUYS skryf oor sy broer, Tom, wat in 1974 aan 'n uiters rare siekte dood is.

Hulle was toe altwee nuusredakteurs – Tom van Die Vaderland en Willie van Die Transvaler.

“♪ For everything there is a season, a time to be born, a time to die … .♪”

8.4.13

'n Handvol briewe

Misdaadversoek was g’n fout nie

PEET SIMONIS skryf: Haai Rika, lekker om van jou in K’rant te lees. Het jy sowaar 26 jaar lank aangehou? En jy skryf nog net so lekker. Ja, dit was nie 'n fout om jou te vra om misdaad te "doen" by die ou Die Transvaler nie. Misdaad was ook een van my rondes by Die Volksblad voor ek Afrikaanse Pers toe is, later Perskor. So, ek ken ook polisiemanne taamlik goed. Baie van hulle was puik mense wat geweet het om sake met die kop te ondersoek. Dié dat hulle 'n meisie van hoge integriteit soos jy - en ook van warme menslikheid - kon waardeer. Jy het nie net goeie stories by hulle gekry nie, jy het ook baie vir hulle gegee - raad, vriendskap en altyd 'n glimlag, al was jou fisieke omstandighede met die spierdistrofie nie maklik nie en het dit al moeiliker geword. Geluk met jou uitstekende werk. Hier is 'n drukkie vir jou.

5.4.13

Niki Wessels oorlede

Oud-kollega Niki Wessels is vanoggend (Vrydag, 5 April) oorlede. Besonderhede volg.

John du Toit is ’n minsame kêrel met ’n sagte hart

HERMAN LE ROUX, gewese sportredakteur van Die Volksblad en Beeld, skryf: Kyk na John du Toit se blomkoolore, waarna Peet Simonis in ‘n vroeër artikel oor hom so treffend verwys (lees hier), en jy besef hier is ‘n man wat baie stampe en stote op die rugbyveld verduur het. Skud blad met hom en jy weet daardie hande is ook dié van ‘n boer wat kan draad span en trekkers herstel.

4.4.13

Benoni-trein ontspoor Rooi vuurpyle

RIKA VAN GRAAN skryf: Met my begin by The Citizen was dit ’n groot aanpassing!

Dit was op 1 Augustus 1976. Mense, dit was my eerste kennismaking met die sogenaamde “Fleet Street reporters”. Wat ’n pyn was hulle nie!

Hulle kon nie ’n woord Afrikaans verstaan nie en moes my help om my

3.4.13

’n Varkboud vir die vrede

WILMA (RUDMAN) DEETLEFS, gewese verslaggewer van Die Transvaler, skryf: Dit was in die laat jare sewentig toe ek, Piet Ebersöhn en Philip Deetlefs ‘n huis in Westdene gedeel het. Dit was ‘n baie gawe reëling, want nou kon ek ‘n hond aanhou en Piet en Philip kon vleis braai soveel soos hul harte begeer.

Om vaste grond onder die voete te hê, was veral lekker nadat ons etlike

2.4.13

Die Mitchelstraatse Mannekoor

GERHARD KLEIJN skryf: Ek weet oorle ou Etienne wou nog iets hieroor sê en ek self bly ‘n paar skrywes skuldig. Ek hef dus aan met ‘n ietse oor ‘n baie spesiale klomp ouens uit ‘n baie spesiale tydperk in my lewe.

Wie dit presies was wat die eerste keer die naam ‘Mitchelstraat Mannekoor’ aan ons klompie kuiergatte toegedig het, kan ek nie met sekerheid sê nie.

Dit kon enige een van ‘n kerngroepie Oggendbladters gewees het wat geesdriftig meegedoen het aan die gereelde sing-en-suip-sessies in die ná-nagure, verby saktyd.