Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

31.5.16

Neil Steyn oorlede

Nog `n Perslegende, NEIL STEYN, is Maandagmiddag oorlede.

Neil was sportredakteur van Hoofstad en later van Transvaler. Hy het as assistent-redakteur van albei koerante gedien. -- Piet Ebersöhn.

(Foto sowat 40 jaar gelede geneem. -- Red.)

SKRYF … siel-salf vir die treur

JASPER SCHELLINGERHOUT (voormalige hoofsub by Die Vaderland en daarna dominee van die Evangelies Gereformeerde Kerk) skryf: Flenters van die Ewigheid, die boek van KOOS BOTHA oor die verlies van sy kosbare kinders (berig HIER), het my laat teruggryp na hoe ek ook deur te skryf, doodsmart draagliker help maak het. Nie dat ek enigsins meen my verlies naby gekom het by wat kollega Koos beleef het nie. Dalk beteken die onderstaande iets vir die treuendes van oudkollegas Piet Roos, Hans Lombard en al die ander. (Hierby sluit ons in Danie Malan, Mack van der Walt en almal wat op die Vergeet-nie-lys is - Red)

24.5.16

Laaste onderhoud met veteraan-joernalis Hans Lombard

PEET SIMONIS skryf: Hans Lombard het Donderdagoggend gesterf toe hy op Bothaville, waar hy die Nampo-Oesdag bygewoon het, skielik in die nag doodsbenoud geword en die asmapompie nie meer kon help nie.

Magriet (sy vrou): “Ek het geweet dis die einde. ‘Dis reg Hans, jy kan maar gaan -- ek sal OK wees’," het ek vir hom gefluister en sag die liedjie Nader My God by U vir hom geneurie. Hy het in my arms gesterf.

Hans Lombard het in April 90 geword. Hy en Magriet (eintlik Margaret maar hy het haar Magriet genoem en sy wil so genoem word) was 41 jaar getroud. Hy het een seun (Paul) gehad uit sy eerste huwelik en hy is ook onlangs oorlede.

23.5.16

Hans Lombard se diens more


Klik HIER vir 'n padkaart. 
Speel met die muis om die kaart te beweeg en groter of kleiner te maak.

20.5.16

Hans was nuushond soos min

MARTIE MEIRING skryf: Hans Lombard se dood is ongelooflike hartseer nuus. Hy was ‘n legende en sal sekerlik ook baie lank onthou (en geëer) word vir sy nuushond-talent. Dat hy juis by Nampo sou doodgaan, klink amper of Hans dit self so wou gehad het dat hy in die tuig sou sterf.

Dankie Hans vir die groot vriendskap en dankie Margaret dat jy Hans se beste was. Hy sal ook altyd onthou word vir die ewige gentleman wat hy was.

19.5.16

Perslegende oorlede

Een van die legendes van die Afrikaanse joernalistiek, Hans Lombard, is om 02:00 vanoggend by die Nampo-oesfees op Bothaville oorlede.

Hy het op 8 April sy 90ste verjaardag herdenk en het nog vol in die tuig gestaan met die bedryf van sy eie skakelonderneming.

Sy vrou, Margaret, laat weet hy het van benoudheid wakker geword, vir sy asmapompie gevra en is byna onmiddellik daarna oorlede.

11.5.16

Danie Malan oorlede

DANIE MALAN, oudkollega van Die Transvaler, is vroeër vandeesmaand in sy slaap aan ‘n hartaanval oorlede.

Hy was die eksman van Lala Wahl.

Danie was 'n saggeaarde gentleman. Hy het hard gespeel en hard gewerk en was bemind onder sy kollegas.

10.5.16

Aanwysings na Piet Roos se gedenkdiens

Kaart na NG Kerk, Florauna, Pretoria-Noord waar Piet Roos se gedenkdiens op Donderdag, 12 Mei 2016 gehou word. KLIK HIER. Klik die linkerknop op jou muis en beweeg die kaart.

6.5.16

Piet Roos dood op pad na sy huweliksherdenking

PEET SIMONIS skryf: Piet (“Pille”) Roos (68) en sy vrou Chrisna was in die Kaap om hulle elfde huweliksherdenking te vier toe hy verlede Saterdag verongeluk het.

Van Chrisna se nekwerwels en ribbe is gekraak en sy het ander beserings opgedoen, maar is reeds uit die hospitaal ontslaan en terug by hul huis in Pretoria.

Sy sê haar hele lyf is blou en seer. sy kan niks van die ongeluk onthou nie – net dat hulle van Bloubergstrand af op pad Stellenbosch was.

1.5.16

Piet Roos oorlede

PIET ROOS, oud-Vaderlander, is Saterdagmiddag in 'n padongeluk naby Stellenbosch oorlede. Sy vrou, Chrisna, is in die Mediclinic, Stellenbosch opgeneem. Volgens 'n vriend van Piet het 'n geldwa 'n ander vragmotor op 'n sperstreep verby gesteek en 'n kop-aan kop-botsing veroorsaak.

Piet was 'n lewenslustige en joviale mens. Nadat hy die joernalistiek verlaat het, het hy aptekerswese studeer.  Hy het 'n apteek in Pretoria-Noord gehad.  Dié beroep het hom die bynaam van "Piet Pille" by sy Perskorkollegas besorg.