Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

25.2.16

Marius Kleynhans oorlede

K’rant berig vandag vir die tweede keer in enkele dae oor die afsterwe van ‘n oud-kollega. Dié keer is dit Marius Kleynhans (links) wat vroeër vir Die Transvaler oor die politiek verslag gedoen het. Hy het ook vir SAUK-TV uit die parlement verslag gedoen.

'n Private lewensviering word aanstaande week gehou. Dit kan slegs op uitnodiging bygewoon word.

20.2.16

Johan van Wyk sterf

JOHAN VAN WYK (65), voormalige sportredakteur en deurwinterde atletiekskrywer van Rapport, het gistermiddag (19 Februarie) op kantoor in MediaPark, Johannesburg, inmekaargesak en gesterf.

Hy het einde Augustus afgetree, maar het nog Vrydae en Saterdae vryskutwerk vir die koerant gedoen.

Johan het oor talle Olimpiese Spele verslag gedoen.

18.2.16

Soektog na Swazi se bont klippe

HAZEL CUTHBERTSON writes: I came across the K'rant blog today, and I wonder if you could help me?

I am trying to contact Gert Coetzee who had an article published in Die Vaderland on 10 June 1975. It was called "Ou Swazi se bont klippe op die kyk-kassie".

5.2.16

Spring gou

Oud-kollegas moet gou spring om te bespreek vir Perskorreünie, 2016.  
Die plekke word opgeraap.  Vanoggend was nog net 31 oor.

2.2.16

Wie onthou vandag 26 jaar gelede?

GERHARD BURGER het die redaksie daaraan herinner dat dit vandag in 1990 was toe oud-president FW de Klerk sy opspraakwekkende toespraak tydens die opening van die parlement gehou het en wat die einde van apartheid beteken het.

Gerhard wil weet wie van K'rant se lesers kan onthou waar hy daardie dag was en wat sy joernalistieke betrokkenheid was, indien enige? Ons sien uit na julle herinneringe. -- Red.

1.2.16

Reünie 2016: Geborg deur Dagbreektrust

PIET EBERSÖHN en LOUISE BLAKE skryf: Vanjaar se saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens) vind op Sondag 13 Maart 2016 by die restaurant Keg and Eagle, h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Johannesburg plaas. Dis by die Lifestyle The Hub Crossing, langs die restourant waar ons verlede jaar vergader het. (Wesrand Retail Crossing.)

Die ete begin stiptelik om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. Daar is ‘n lekker kroeg. Ons gaan by dié geleentheid Hans Lombard se 90ste verjaarsdag (5 April) vier.