Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

30.5.14

Leeu brul ons by die paal op

PHILIP DEETLEFS skryf: In die jare 70 toe André de Bruyn by Die Vaderland was en ek by Die Transvaler, het ons in 'n stadium albei veldmotorfietse gehad en Sondagoggende graag vir die pret in die veldpaadjies rondom Johannesburg gaan rondry.

Een Sondag het ons saam met Digby Wesson, skakelman van Honda, in 'n westelike rigting in die voetpaadjies gery toe André se agterwiel skielik pap geword het. Ons blitsige oppomp-goed werk nie op die skeur in sy band nie en rondom ons kan ons net veld sien – niks huise nie.

29.5.14

‘n Ligte teleksmistykie op ‘n Sondagaand

ARRIE DE BEER skryf: Ek het inderdaad soos die redakteur K’rant se lesers aanbeveel het in my brein gaan rondkrap, maar om die een of ander rede onthou ek nie juis ‘n groot boel regtig snaakse stories in my dae by Die Transvaler nie – dalk omdat ek te kort daar was, of te lank alleen aan die Wes-Rand en later vir promosiewerk rondgery het.

Dit hang natuurlik ook nou af met wat ‘n mens as snaaks beskou. WAT sê die woord kan ‘n hele paar betekenisse hê: Om jou snaaks te hou (gemeen, katterig), ook om iets eienaardigs gade te slaan, of dan ook grappig, koddig of klugtig.

28.5.14

Daar's iets in Durban se drinkwater

PIETER KRUGER skryf: In Maart 1982 het Ali Bacher, Martin Locke en Peter Cooke die Engelse rebelletoer met Graham Gooch as kaptein gereël. Ons krieketskrywers is heeltemal onkant betrap, want die toer is in groot geheimhouding gereël.

Net ‘n paar krieketskrywers (ekke van die Vaderland, Hennie Brandt van Beeld, Jan van der Merwe van Die Transvaler, Rodney Hartman van The Rand Daily Mail en John Kennedy van The Star) het verslag oor die toer vir die dagkoerante gedoen.

Ons is inderhaas Durban toe vir die eerste wedstryd en het in die kraaknuwe, superluukse suites in die
Royal-hotel gebly, wat pas sy deure geopen het.

27.5.14

Wie is Schalk Swanepoel?

SCHALK SWANEPOEL het laat weet dat hy onlangs K´rant ontdek het en vir ons sommer met die intrapslag 'n goeie storie geskryf. Baie dankie, Schalk! Om homself aan ons voor te stel het hy vir ons 'n bietjie van sy Perskor-agtergrond gegee want baie van ons sal hom dalk nie onthou nie of het hom nooit geken nie. - Red.

Schalk skryf: Daar is nog heelwat staaltjies wat ek uit daardie dae kan onthou, wat ek hoop om met K’rant se lesers te deel. Soos genoem, hou die staaltjies verband met voorvalle wat aan die tegniese kant van Hoofstad en Oggendblad plaasgevind het, eerder as aan die redaksionele kant.

26.5.14

Fotodag 30: Vinnige vingers en 'n joolprinses

Dié dollas kón 'n tikmasjien warm maak.  Dis Die Vaderland se sekretaresses van 1970's. 
Van links af is Jorina van der Lelie, Susan Axel en Julia Kotze. Regs voor is Corrie Perkins.
Verteenwoordigers in 'n buitekantoor was, het hul stories daagliks na hulle 
deurgebel.  So ook verslaggewers wat op 'n toneel was en hul berigte knap voor spertyd
op die  nuusredakteur se tafel moes kry.  As verslaggewers vasgebrand het met 'n woord of 
om 'n sin te voltooi, het hulle dikwels gehelp.
Regs is ‘n baie jong Elma Potgieter wat as een van Tukkies se joolprinsesse gekies is. 
Toe ek hierdie foto in 1965 geneem het, het ek nie gedink dat ek vyf jaar later 
saam met haar in die vroueredaksie van Die Tranvaler sou werk nie!  
Elma het later 'n aktrise geword. -- Foto en byskrif gestuur deur Karin Pretorius.

23.5.14

Monument wat tart

PIET EBERSöHN skryf: Maurice Pieterse se storie gister laat my sommer weer met ‘n rooi gesig van lank gelede.

Nadat ek in 1979 by Die Transvaler weg is, is ek na ‘n maatskappy wat die destydse Suid-Afrikaanse Landbou-unie se Die Boer/The Farmer en ‘n groot aantal tydskrifte vir landboukoöperasies uitgegee het. Die SALU-blad was my verantwoordelikheid, maar ek moes soms ook vir ‘n kollega by een van die koöperasieblaaie instaan.

22.5.14

Ope Vraag 9 - Laat die verbeelding loop!

Elkeen van ons kan seker dink wat die heel grootste, lekkerste en mees
opspraakwekkende storie is wat jy graag sou wou/sal wil skryf? Vertel ons daarvan.

PHILIP DEETLEFS druk voor in: As ek my verbeelding die loop laat vat, dink ek die storie wat ek die graagste sou wou skryf is as daar lewende wesens van die buitenste ruim toevallig voor my iewers in die Namib vir die eerste keer op planeet aarde sou kom land.

21.5.14

Kuier in guerillakamp lewer wêreldscoop

KARIN PRETORIUS skryf: Op 12 Februarie 1981 is die Entumbane militêre kamp naby Bulawayo in ‘n slagveld omskep toe Zipra- en Zanlamagte van Joshua Nkomo en Robert Mugabe onderskeidelik slaags geraak het.

Dertien pantservoertuie en Russiese troepedraers van Zipra se militêre basis aan die Gwaairivier (ook Gwayi-rivier -- Red.) in die

20.5.14

Murphy’s Law tref my dubbel en dwars

HANS LOMBARD skryf: Murpy’s Law, wie hy ook al was, verskyn in geen woordeboek nie. Dié spreuke word algemeen aanvaar as iets moet verkeerd gaan, gaan alles tegelykertyd verkeerd. So is ek op ‘n dag deur Murphy’s Law moedeloos, in die grootste verleentheid, wat alle professionele, dissiplinêre vereistes aan flarde laat spat het, getref.

‘n Vooraanstaande Duitse maatskappy, wat onder meer

19.5.14

Fotodag 29: 'n Partytjie vir die redaksies

MNR HENRI LAURIE, ons adjunk-besturende direkteur, het onlangs (1974 –Red.) 'n onthaal vir redaksielede by sy huis gereël om dankie te sê vir die spanpogings wat daartoe gelei het dat daar ‘n styging in die sirkulasiesyfers van veral Die Vaderland en Die Transvaler was.

Hieronder is 'n paar foto’s wat tydens die geselligheid geneem is.

Laat weet van jou

Het jy al 'n oudkollega van Perskor van K'RANT vertel? Het jy hom/haar vertel om op K'rant in te teken? Regs bo.

Skryf vir ons 'n storie oor jou koerantdae van toeka. Moenie van foto's vergeet nie.  
Reageer op 'n storie met 'n brief.  Stuur 'n wenk.

16.5.14

Spesiale plek in die hel vir koerantmanne

PIETER ROOS skryf: Met die inwyding van die nuwe Bybelhuis van die Bybelgenootskap was ek daar. Die gebou is in Kemptonpark en is die streekhoofkantoor van die genootskap.

Dit was in die laat 1970's en dr Koot Vorster was die Moderator van die NG Kerk. Hy was die broer van onse premier/president John Vorster. Dr Koot het die amptelike inwyding waargeneem.

15.5.14

Vaderland-babas maak oom Apie lam

SUZELLE FOURIE skryf: Ek sien julle ouens voer ‘n stryd om K‘rant se wiele aan die rol te hou. Dit verstaan ek goed. Dis mos maar soos enige koerant ook is: ‘n onversadigbare monster wat jy moet bly voer!

In die lig hiervan werp ek ‘n stuiwertjie in die armbeurs en hoop dis van nut. Gelees in die politieke gees van 2014 is die storietjie helaas so onkorrek (of is dit nou inkorrek?) as kan kom, maar dis vir julle ouens

14.5.14

Wees asseblief opdringerig!

Redakteur Philip Deetlefs skryf: Soos ons spook om K'rant elke weeksdag met 'n vars storie die lig te laat sien, het ons ontdek dat die Perskor-mense eintlik woes skugter is.

Hierdie week het ons van die tweede oudkollega die vraag gekry of hulle nie opdringerig raak as hulle te gereeld of meer as een storie op 'n slag instuur vir publikasie nie. Kan jy glo?



Daar is net een ding wat K'rant se voortbestaan sal verseker en dit is om julle bydraes te kry. Vertel vir ons van interessante, snaakse, nare, skrikwekkende en lekker voorvalle wat julle as werknemers van Perskor beleef het – by die werk en buite die werk.

Moet ook nie vergeet om julle stories met foto's uit julle ou fotoalbums te illustreer nie.



Kom ons kyk hoe lank ons K'rant vir almal lekker leesstof kan maak en hou. Ons is mos een groot familie – daar's nie plek vir skugter wees nie! 

13.5.14

Ope Vraag Nr 7: Wat was snaaks?

HANS LOMBARD skryf: Wat dink ons van K’rant? By geleentheid is gevra ons moet ons mening gee oor K’rant. Ek kan nie onthou dat ek iemand se mening gesien het nie behalwe as ek ‘n uitgawe gemis het? (Jy het, Hans. Krap 'n bietjie in die vorige Ope Vrae rond om te sien - Red.) Na my mening is K’rant baie interessant en word dit baie goed aangebied. Mag dit vorentoe net van krag tot krag gaan. Dis ‘n wonderlike manier om kontak te hou met kollegas. Die stories van

12.5.14

Fotodag 28: Vader van vele

BENNIE FRITZ was meer as 40 jaar gelede die organiseerder van Rooi Rose se babawedstryd.  Destyds het hy die volgende daaroor geskryf:

Nee - ek! Stomme ek! Soos die sand van die see, sal seker nie hiperbolies wees nie as 'n mens dan 'n vergelyking moet tref. Want daar is 30 000 van hulle! Dertigduisend lagbekkies en morsbekkies en kwaadbekkies en skewe bekkies! Dertigduisend kleingoed van oor die hele land en Suidwes met dertigduisend ma's - en net ek is die pa! Vreeslik vir ‘n kuise land soos ons s'n! En wie se skuld is dit?

9.5.14

Zelda onthou - van koerant tot koerant

ZELDA VENTER skryf: Toe K'rant my uit die bloute kontak om te vra of ek iets uit my dae by Perskor kan deel, was ek ietwat onkant betrap. Nie dat ek ooit my eerste werkgewer sal vergeet nie, maar dit voel soos 'n leeftyd gelede.

Ek moes mooi dink saam met wie ek gewerk het en wanneer. Maar toe ek eers sit en dink, het ek al die gesigte in herinnering geroep - en natuurlik, hoe kon ek ooit die gebou in Pretoria-Wes vergeet!? Dit was die begin van baie gelukkig jare.

8.5.14

Ope Vraag 6: Seëning of skade?

PHILIP DEETLEFS skryf: Ek lees nou die dag ´n stuk oor verslaggewers wat indiens-opleiding kry. Hulle word gevra wat die belangrikste vraag is wat hulle iemand kan vra met wie hulle 'n onderhoud voer.

Die beste antwoord? Vra die persoon aan die einde van jou onderhoud watter vrae jy nagelaat het om hom of haar te vra.

7.5.14

Verkiesingsdag 44 jaar gelede

Dis vandag verkiesing in Suid-Afrika.

Hieronder is twee "geskiedkundige" foto’s uit KARIN PRETORIUS se foto-album met die verkiesing van 22 April 1970 -- 44 jaar gelede! 

Vir inligting oor Suid-Afrika se verkiesings sedert 1910 klik HIER.

6.5.14

Om ʼn storie te kan kry

PHILIP DEETLEFS skryf: Piet Roos vertel nou die dag dat party mense makliker stories kry as ander en dit het my bietjie laat terugdink oor hoekom dit so sal wees?

My vermoede is dat as jy ʼn spesialis-verslaggewer is (sport, finansies, kuns, vroue, ens) dan moet jy jou spesialis-gebied baie goed ken en so respek by jou bronne afdwing om die storie te kry.

5.5.14

Fotodag 27: Die Vaderland se langasems oor 50km

RIA RABIE het drie foto's wat die spangees destydse by Die Vaderland mooi illustreer, gestuur.  

PIETER KRUGER verduidelik wat op die dag gebeur het.  Hy skryf:  Ek kan nie onthou presies wanneer dit was nie, maar dit was ´n groot uitdaag-spanaflos waar maatskappye die media uitgedaag het vir 'n aflosmarathon. Die wedloop was oor 50 km tussen Springs en Johannesburg.

2.5.14

Terug na waar ek hoort

ESTELLE DE BRUYN skryf: K'rant vra ek moet skryf oor die joernalistieke pad wat ek sedert my Perskor-dae geloop het. Dit sit my aan die dink.

Dit is ‘n lang en kronkelrige pad, oor die spreekwoordelike berge en dale.

Ek was maar vir so ‘n jaar en ‘n half by Perskor voor die liefde my