Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

23.11.17

Komkommers bring die bobbejaan uit die berg

PHILIP DEETLEFS, K'rant se redakteur, skryf: Soos elke jaar is dit omtrent nou dat komkommertyd behoorlik aanbreek. Komkommertyd wanneer koerante en ander media dikwels stories dra wat deur “kenners” bevestig is, maar so ver soos Paasnaweek van die waarheid af is.

Gerugte versprei met ons selfone deesdae soos ‘n veldbrand en ons het hier in Namibië verlede week al besef dis komkommertyd toe die stories oor die radio, TV en in die koerante dik geloop het van Grace Mugabe wat dalk in haar geboortedorp, Benoni wegkruip of dat sy politieke asiel in Namibië gevind het en reeds in Windhoek is.