Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

28.2.13

Van handgepakte loodletters tot supervinnige rekenaars vir K’rant 2013

WILLIE BUYS skryf: Kom ek wees eerlik: Ek sukkel steeds om die moderne kommunikasiemedium in sy eenvoudigste vorm (rekenaars) baas te raak en daar is al reeds allerhande angswekkende (vir my, altans) argumente wat oor en weer vlieg in heftige debatte in die grootste Suid-Afrikaanse media se raadsale en redaksielokale.

Waaroor? Om Oom Willem Wikkelspies, alias William Shakespear, se

27.2.13

Roepradio’s, kafees, landlyne en motorfietse – was daar maar selfone!

Voor die koms van die digitale tydperk het joernaliste feitlik in ‘n “primitiewe wêreld” gewerk wat betref kontak tussen hulle en die koerant se nuustafel as nuus en foto’s nog die voorblaaie wil haal.

Hier is 'n paar vertellings.

26.2.13

Pasteitjies op die drukkersmasjien

TOBIE VAN DEN BERGH het onlangs sy dertigste jaar as redakteur van Middelburg Observer herdenk en ‘n boek “Hang die Redakteur, Maar God is Liefte” die lig laat sien. Die boek bied belangrike insigte oor die rol wat ‘n goeie gemeenskapskoerant binne sy plaaslike omgewing kan speel en Tobie het ingestem dat K’rant enkele uittreksels uit die boek plaas.

25.2.13

10 000 nie uit nie vir K’rant

PEET SIMONIS, vader van K’rant, skryf (Peet het K’rant in 2004 geskep as deel van die kletswerf Perskorhaan, ‘n inisiatief van wyle Hannes Cilliers, wat sedert sy dood deur Jean Oosthuizen bedryf word. – Red.):

10 000 lesers in so ’n kort tyd?

Dit het beter gegaan as dekades gelede toe koerante soos Die Transvaler en Die Vaderland met moeite sirkulasie van "onder" af moes bou.

Kalli of Ali – ’n hoofberig is ’n hoofberig

PIETER KRUGER, gewese sportskrywer van Die Vaderland, skryf: Nou die dag, toe die mense oor die Shosholoza Meyl kla, dink ek terug aan Alvin Kallicharran.

Wat het Kalli, soos hy alom bekend gestaan het, met die treindiens na Durban gemeen?

22.2.13

Peet (en prof Chris) en die Italiaanse prikkelpoppe

Sophia Loren
Gina Lollobrigida
VOORAF: Joernalis PEET SIMONIS wat destyds vir Dagbreek en Sondagnuus in Johannesburg geskryf het, kry die droom-opdrag om die storie oor die eerste hartoorplanting vir sy koerant te dek. In twee vorige bydraes wat hy op versoek van K’rant geskryf het, ontvou die dramatiese gebeure rondom die prestasie van die Kaapse hartchirurg, Chris Barnard. 

21.2.13

‘Time, gentlemen!’

JEAN OOSTHUIZEN, gewese politieke redaksielid in die Perskorstal, skryf: Ek kan skaars glo dit is byna 28 jaar sedert een van die beste koerantredakteurs wat ek ooit geken het so roemloos in die pad gesteek is deur ’n direksie wat geen benul gehad het waaroor joernalistiek eintlik gaan nie. Ek praat van Harald Pakendorf.

By hom het ek geleer om respek te hê vir meerderes en vir mense in

20.2.13

Dié slag was Jaap minder gemoedelik

PIET EBERSöHN skryf: Thys Human se storie (klik HIER), herinner my wel ‘n geval waar wyle Jaap Swanepoel minder gemoedelik was.

TV was in sy kinderskoene en Haas Das se Nuuskas was ‘n belowende nuwe program uit eie haard.Met sy slag om ‘n humoristiese storie te skryf, was Jaap die aangewese man om Diereland se spog-nuusprogram aan die volk van Suid-Afrika bekend te stel.

19.2.13

Boesemvriende ‘oor grense heen’

HERMAN LE ROUX, gewese sportredakteur van Die Volksblad en later van Beeld, skryf: Gerhard Burger se storie oor ons noue ontkoming in 1981 in Nieu-Seeland (lees hier) bied my die gaping om meer oor daardie besoek en oor Gerhard in die besonder te vertel.

Hy sê hy hou nie daarvan om geselsies met taxibestuurders of haarkappers aan te knoop nie. En tog is Gerhard Burger ‘n vriendelike,

18.2.13

Stokou waaier simboliseer Perskor se kanniedoods

GERT COETZEE skryf: ’n Bydraetjie vir K’rant (en terloops, die verspreiding is puik – my foon tjier-riert elke oggend vroeg, dan lees ek hom eers voordat ek opstaan. Geluk!).

Die magtige Perskor sing toe nou sy swanesang ondanks al die leuens, leë beloftes en versekerings, partytjies (onthou die een by die burgemeesterslapa van Verwoerdburg) en bedrog wat aan ons opgedis

15.2.13

Perskorman koes vir bom in Londen

PHILIP DEETLEFS skryf: As een van Perskorburo se mense in Londen destyds was my daaglikse roetine om al die plaaslike koerante deur te lees om te sien of daar nie dalk iets is wat 'n Suid-Afrikaner gepleeg het waaroor ‘n mens kan verslag doen nie.

Die verskillende nuusredakteurs uit Suid-Afrika het daagliks ook 'n lysie gestuur van mense uit hul kontrei wat Brittanje besoek en met wie

14.2.13

Vind K’rant maklik só

Jy loop ‘n oudkollega raak en vertel hom van K’rant. Hy vra die webadres, maar jy kan dit nie onthou nie. Dis nie maklik om www.perskor.blogspot.com altyd in jou kop te hê nie.

Daar is drie maklike antwoorde op die vraag:

Rika doen baanbrekerswerk aan die misdaadfront

RIKA VAN GRAAN, gewese misdaadverslaggewer van Die Transvaler en The Citizen, skryf sy was een van die eerste twee vroue wat misdaad by nasionale koerante geskryf het. Die ander vrou was Rosemary Northcott van die Rand Daily Mail. Hulle het later saam by The Citizen gewerk.

Ek het 26 jaar lank in Johannesburg oor misdaad, rampe, die

13.2.13

Raymond maak sy merk met Bassey se hande

RAYMOND DICKER, gewese fotograaf van Hoofstad en Die Transvaler, skryf: Die stuk deur PG du Plessis oor koerantmanwees (klik hier om te lees) het my teruggevoer na my beginnerdae by Hoofstad.

Ek het in Maart, April 1982 as advertensiefotograaf by dié koerant begin werk. Behalwe vir Hoofstad moes ek ook vir die strooikoerante,

12.2.13

Wolhaarstorie gee Joe vlerke

JOE VAN BUUREN skryf: Dirk Benadé se storie oor die slenter met betrekking tot Theunie Steyn herinner my aan ‘n soortgelyke voorval waarby ek betrokke was.

Ek het in ‘n stadium waargeneem as nuusredakteur by Die Transvaler onderwyl daar na ‘n bevoegde persoon gesoek is. (Willie Buys is toe al derde verdieping toe bevorder, waarskynlik by Perskorburo.)

Andries herleef ou-ou rugbydae

ANDRIES BOTHA skryf: Die Francois Roux-storie vat my ook baie jare terug. My ouers het toe op Bancroft in Noord-Rhodesië, vandag Chilila Bomwe in Zambië, gebly en ek het ná matriek in 1959 ‘n tyd daar deurgebring. Ek het vir Chingola – 16 myl van ons af – rugby gespeel saam met onder meer Tom van Vollenhoven en Clive Forman, ‘n briljante losskakel wat vir Rhodesiĕ gespeel het en na elke Springbok-proef in sy tyd genooi is.

11.2.13

‘Sproetjies’ styg uit die snippermandjie tot roem

GERT VAN TONDER, gewese advertensiewerwer by Perskor en lid van die beroemde sangpaar, Groep 2, skryf: Dit was so teen Julie se kant in 1975 toe ek by Perskor, toe nog in Aucklandpark, vir diens aangemeld het. Ons het 'n paar maande later Doornfontein toe getrek.

Ek het 'n pos as advertensiewerwer gekry. Dit was geen maklike taak, selfs al in daardie dae, om advertensies vir Afrikaanse dagblaaie te

8.2.13

Vasberade ABJ wou niks anders as joernalis wees


Verwysings na wyle ANDRÉ PIENAAR, eertydse finansiële en sportsub en -skrywer van Die Transvaler, en later nuusredakteur van Die Vaderland, het ‘n klompie oudkollegas se gedagtes op ver paaie laat gaan.

Klik hier om 'n vorige berig oor hom te lees.

Steeds daardie bromponie

GERHARD KLEIJN skryf: Ek lees nou knap Peet van Staden se vertelling oor André Pienaar en toe skop die onthou-ding in.

Toe André op ‘n dag by Die Tranvaler se redaksiekantoor in Aucland Park inwals, was ek en ‘n paar ander penkoppe soos Joe van Buuren, Phillip Deetlefs en Johann van Loggerenberg darem al manne met etlike maande se ervaring.

7.2.13

Jorrie het ’n slag met ’n storie gehad

PIET EBERSÖHN skryf: Toe Willie Buys in sy storie oor Die Transvaler se subkantoor na Jorrie Jordaan verwys, verlang ek sommer onbeskaamd terug na daardie dae in die later jare sewentig eers in Aucklandpark, toe in Nieu-Doornfontein.

Jorrie, ja, met sy vloeiende skryfstyl en keurige woordgebruik. Hy was immers ‘n gerekende skrywer, as Johann Jordaan, van avontuur-

6.2.13

Memorial for late Perskor artist


A memorial for the late Keith Joubert, acclaimed wildlife artist, previously an illustrator at Perskor, will take place at 16:30 on Monday, 11 February 2013 at the Everard Reed Gallery, 6 Jellicoe Avenue, Rosebank, Johannesburg. Enquiries can be directed to Peter Comley at peter@chobetravel.com.

K’rant received a number of tributes to Keith, which are published below.

5.2.13

A deadline can leave you dead in the water

Ex-colleague PIET COETZER writes a regular column, Final word, on the origin of words for the magazine Leadership’s electronic Intelligence Bulletin. Finding some interesting facts on the origin of the word “deadline” that may satisfy the curiosity of K’rant readers, he made the column for the next issue available to K’rant as well.

He writes: Meeting or making “deadlines” has become an integral part of modern life, something that we are constantly chasing; from meeting the deadline for the submission of our tax returns to submitting an application for this or that. And the expression started off as (literally) a deadly serious matter.

‘Dis mos nie alles waar nie’

PEET VAN STADEN skryf: Ek het gewaarsku teen die euwel van my foto by my André Pienaar-bydraetjie, maar nie teen die kultuureuwel nie. Dit was 'n fout.

4.2.13

‘Die salarisse was knap, maar dit was wonderlike dae’

JOHAN WAGNER, gewese Perskorfotograaf en -joernalis in Pretoria, skryf: Dankie vir K’rant se navraag na die AutoPavilion wat ek hier by VWSA bestuur. Ek vra om verskoning dat ek nie al vroeër geskryf het nie. Ek stuur binnekort iets.

Intussen wil ek net laat weet van nog oud-Oggendbladters wat byna van dag een af daar was – gelukkig kom ek toe af op K’rant se

Fotograaf Hermie opgespoor

CHARL THOM laat weet van Stompneusbaai aan die Weskus af: Ek het toe uiteindelik vir oudfotograaf Hermie Rossouw op St Helenabaai raakgeloop en hom alles van K’rant vertel. Hy stem saam dis ‘n wonderlike idee. Die enigste probleem is dat hy nie internet-toegang het nie. Sy seun kom glo later vanjaar kuier en hy hoop om dan “in te haal op die moderne tegnologie”! Hy stuur in elk geval groete aan al die bekendes tot latere kennisgewing.

(Volgens die webwerf Fine Art America skilder Hermie deesdae en spits hy hom toe op die argitektuur en landskappe wat tipies van die Weskus is. Hy werk meesal in akriel, maar gebruik soms ook waterverf. – Red.)

1.2.13

† Kunstenaar Keith Joubert oorlede

Keith Joubert
GERT BASSON, gewese Perskoruitgewer, skryf: Ek het so pas ‘n e-pos van Annette Stork (Greiff) gehad dat die kunstenaar Keith Joubert, Woensdag aan prostaatkanker oorlede is. Hy was daar in die jare sewentig, tagtig aan Perskor se kunsafdeling verbonde. Hy het later internasionale roem met sy treffende diere- en natuurstudies verwerf.

(K’rant probeer meer inligting in die hande kry en hoop om later vollediger te berig. – Red.)

André sorg vir apopleksie en druipsterte

PEET VAN STADEN was 14 jaar lank aan Die Vaderland, Die Transvaler en Rapport verbonde, by die laaste twee publikasies as sportredakteur. Daarna het hy as nuusskrywer by die SABC TV begin, later bulletinredakteur geword en uiteindelik uitvoerende regisseur. Onder sy innoverende en dinamiese leiding het die Afrikaanse TV-nuusuitsending op SABC2 tot die grootste kykertal naas die Zulu/Xhosa nuusprogram gegroei. ‘n Tweede Afrikaanse