HEINE TOERIEN, Perskor se publtsiteitsman, het onlangs die draaiboeke vir twee kort advertensierolprente, een vir Die Transvaler en die ander vir Die Vaderland, voorberei, die dienste van 'n filmmaatskappy bekom, en toe 'n bietjie agter die kamera's en goeters ingespring om die skietwerk af te handel. Hierdie films is in Maart 1975 uitgereik en word in inryteaters en in 'n paar stadsteaters aan die Witwatersrand vertoon. ![]() |
| Don Leonard luister aandagtig na wat Tobie Cronjé probeer sê in Die Vaderland se advertensiefilm. |
Die oorde waar daar geskiet is, het gewissel van 'n luuksekroeg in een van Johannesburg se voorste hotelle tot die Goudstadse Onderwyskollege-rugbyveld waar die dienste van twee volle rugbyspanne verkry is. Die kêrels kla dat hulle nog nooit - selfs in die taaiste wedstryd - so baie en hard moes skrum nie! Om die gewenste effek te kry, moes daar dikwels oor en oor geskrum word terwyl die kamera tot reg binne-in die skrum geneem is.
Die inhoud van die films is oorspronklik en vermaaklik -- en dit dra ons twee groot dagblaaie se onderskeie boodskappe op 'n baie doeltreffende wyse. – Perskorhaan, Maart 1975.
![]() |
| Die manne in die het skrum 'n paar Transvalers beetgekry en nou stel hulle nie meer in rugby belang nie. 'n Toneeltjie uit die reklamefilm. |


