Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

30.9.13

Fotodag 5: ABJ en sporthelde

WYLE ANDRÉ (ABJ) PIENAAR se neef JACO HENNING het vir K'rant 'n klompie foto's gestuur waarop sy oom verskyn.

As sportskrywer het ABJ onder meer oor fietsry en boks berig. Hy het ook 'n jeugboek oor boks geskryf. Die eerste van die foto's is saam met sportmanne oor wie se doen en later hy gerapporteer het.

27.9.13

Peet se waagstuk

PEET SIMONIS skryf: Hans Lombaard, ek glo ek praat namens ons almal van K'RANT as ek jou gelukwens met jou merkwaardige reeks oor jou groot avontuur met die kleine Loyd na en van en agter die Ystergordyn.

Puik man!

26.9.13

'n Ontydige graf

PHILIP DEETLEFS skryf: Piet Roos se onlangse storie (klik HIER) het my laat dink aan 'n begrafnis wat ek destyds vir Die Transvaler moes bywoon. Ek kan nie meer onthou presies waar die begrafnis was nie, maar dit was destyds groot nuus.

Die storie was oor twee boesemvriende wat nog skoolkinders was, wie se maatjie selfmoord gepleeg het. Uit pure, ek weet nie mooi wat nie,

25.9.13

A call out of the blue

SUZANNE BRENNER writes: My introduction to Republican Press was a real baptism by fire. Luckily, I was not fazed by challenges, but the uproar that surrounded my appointment as editor of DARLING was nonetheless a test of endurance.

To contextualise this upheaval, perhaps I need to start at the beginning.

23.9.13

Fotodag 4: As jy vrou vat, vier jy dit

Toe GERHARD BURGER in Oktober 1967 in Port Elizabeth gaan verloof raak het, het die manne van Die Vaderland se kantoor in Pretoria 'n verskoning gehad om 'n ligte geselligheid te hou; onder aanvoering van André Verster.

Buiten die foto's hieronder het Gerhard laat weet dat verskeie "informele foto's"ook geneem is. Hulle word diep in sy trommel

20.9.13

Kontrak met ’n laksmannetjie

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Marshallplein was wêreldbekend as Johannesburg se polisiehoofkantoor met ‘n geskiedenis wat dekades terug strek. My eerste kennismaking met ‘n misdaadkonferensie in die historiese gebou het aan die verkeerde kant begin.

Daar was nie parkeerplek by die hoofingang nie en ek is in ‘n systraat afgelaai. Die selle was onder die gebou met ‘n rits vensters wat op

19.9.13

Aangename kennis, ek is van Die Transvaler

PIET ROOS het in Perskorhaan geskryf:  Hulle het my vertel dat elke koerantman stories kan vertel wat voorbladnuus sou wees, maar nooit geskryf word nie. Hierdie stories het met hulleself gebeur,

Ek is deur Die Vaderland gestuur na die begrafnis van die mense wat in die vliegramp in Natal omgekom het. Dit was die eerste keer dat ek na 'n begrafnis gestuur is en die fotograaf het ook nie veel daarvan gehou nie. "Te treurig," het hy gesê.


18.9.13

Joernaliste skryf en tiksters tik

HANS LOMBAARD het verlede week vertel van sy rit in Lloyd-motor na Moskou. Dié week vertel hy van hoogtepunte wat hy in Moskou beleef het.

Hans vertel van rolprente, sy kuier by die burgemeester, 'n besoek aan Prawda waar stories met die hand geskryf was en die verskrikking in die Auschwitz-konsentrasiekamp.

17.9.13

Eerste vrou Knipe die kat in die donker


JAPIE BOSCH skryf: “Nooit, nooit, nooit weer nie,” het dr AD Bensusan in Maart 1974 driftig gesê toe ek hom gevra het of hy weer burgemeester van Johannesburg sou wou wees ná sy pas afgelope termyn. Min het ek geweet watse skandaal en vernedering agter sy woorde was.

16.9.13

Fotodag 3: Kooivlooi, wat soek jy in my vlooikooi!

‘n Koerantman moet vat hy kry as dit by slaaptyd kom solank sy storie in die bed is.

Dié twee foto’s is drie en half jaar uitmekaar geneem van twee oud-kollegas wat dieselfde lot getref het ná ‘n uitputtende dag van stories jag vir hul koerante.

13.9.13

Sy rook die pyp – met ‘n pyp

JUTTA KRÖGER, 'n aanvallige advertensiewerwer van Aucklandpark, het eers dertig sigarette per dag gerook. Sy het toe 'n stryd teen die gifpyle aangeknoop wat sy móés wen. Nou het sy die pyp gerook -- met ‘n pyp!

Mej. Kröger het al baie metodes aangewend om minder te rook, maar almal het misluk. Sy het besef dat 30 sigarette per dag 'n bietjie kwaai is en het toe besluit om niks meer as vier per dag aan te steek nie.

12.9.13

Waardevolle koerantversameling soek tuiste

BENNIE NEETHLING, die laaste redakteur van Noordelike Stem/Northern Times op Kroonstad, skryf: Ek het heelwat staaltjies om te vertel, maar eers – my ou koerante – ek wens iemand wil dit kom haal, want indien ek doodgaan, gaan die goed waarskynlik ashoop toe, waar dit amper was.

Doer in die jare negentig het ek by ons Perskor-kantoor stilgehou en

11.9.13

'n Stel posseëls vir 'n Russiese visum

HANS LOMBARD het in April in K'rant geskryf oor die aanvang van sy rit in 1958 van Bremen, Duitsland na Moskou met 'n klein Lloyd-motor. Klik HIER om dit te lees. (‘n Reeks artikels het einde 1958 in Die Vaderland verskyn.)

Vandag vertel Hans verder, onder meer van die gesukkel om 'n visum te kry en eienaardige Russiese gewoontes..  Volgende week vertel hy van die hoogtepunte in Moskou onder meer sy besoek aan Prawda.


10.9.13

Gert se omgee atlete se hardekool

Gert le Roux
Nog ‘n huldeblyk aan wyle Gert le Roux, wat vanweë tegniese probleme nou eers verskyn.

INA VAN RENSBURG, Oudspringbokatleet en gewese atletiekmedewerker van Metro, skryf: Atletiekmense het gekom en gegaan, maar die groot gees, oom Gert le Roux, was maar altyd daar – in dekades se statistiekboekies, waarvan hy die meesterbrein was. Atletiek en die media is vandag baie armer, want hy was ‘n lewende atletiek-internet.

9.9.13

Fotodag 2: Wilma val ver

WILMA DEETLEFS het verlede jaar by Vic Falls besluit sy wil die afgrond af.Dié foto's  is in die volgorde van hoe sy haar hoogtevrees aangespreek het.

Na dese huppel sy op die randjies van enige afgrond rond sonder om te skroom.

Foto's gestuur deur Philip Deetelfs.

6.9.13

Dagbreek soek Rietbok met ’n duikboot

PEET SIMONIS skryf: Dit was 'n herfsaand - 13 Maart 1967 - toe ‘n Viscount-vliegtuig van die SA Lugdiens die lug laag oor hulle huis by Kayserstrand naby Oos-Londen geskeer het. Die 73-jarige mnr Mike Ford het vir sy vrou geskree om te kom kyk. Sy was betyds om met verbasing saam met hom die vliegtuig se roterende rooi lig te sien verdwyn agter die donker buitelyne van die boomplantasie wat hulle aftreehuisie se uitsig na die see versper.

(Swart-en-wit-foto's ontvang van Peet. -- Red.)

5.9.13

Oor harde man Hennie en sosiale ou Otto

WILLIE BUYS skryf: Frikkie van der Walt, deurwinterde en veelsydige joernalis, se skrywe anderdag waarin Otto Krause en Hennie Kotze albei gefigureer het, het allerlei herinneringe by my wakker gemaak. In wyle Hennie se geval het dit my teruggeruk na my vormingsjare as joernalis by ook wyle Die Transvaler.

4.9.13

Andries wou nog weet, toe hoor hy stasiebom

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: In die jare sestig het ‘n voornemende joernalis se loopbaan in Die Transvaler se telekskantoor as papierskeurder begin. Anders het jy handgeskrewe briewe oorgetik of in die biblioteek beland waar jy elke dag se berigte uitgeknip en op A4-blaaie vasgeplak het. Dis volgens ‘n onderwerp soos boks, stoei, politiek, misdaad, hoofartikels, ens geliasseer. Dieselfde geld vir foto’s. Onderskrifte is uitgeknip en agter op foto’s geplak waarna dit ook

3.9.13

Die geïsoleerde gaan Spele toe!

JOHAN VAN WYK skryf: Doer in 1984, met Suid-Afrika in die middel van amperse totale sportisolasie, roep Wimpie de Klerk my eendag na sy Rapport-redakteurskantoor.

"Wil jy Olimpiese Spele in Los Angeles toe gaan?" sê-vra hy. Toe ek my asem terugkry, sê ek vir hom NATUURLIK, maar weet hy dat 'n SA persman by 'n Spele geen akkreditasie gaan kry nie; nie naby 'n
persbank met sy TV-skerm by elke sitplek toegelaat sal word nie; nie uitslae gaan kry nie; geen onderhoude kan bywoon nie ¬ - en tussen die 90 000 toeskouers sal moet sit en sy werk probeer doen?

2.9.13

Gee kleur aan K'rant: Maandae is voortaan fotodag


Maandae is voortaan fotodag in K’rant. Ons wil foto’s van jou as oudkollega, hetsy uit jou dae by Perskor of oor gebeure in jou alledaagse lewe, hier plaas.

Ons wil graag sien hoe en wat jy gedoen het van die dae her tot vandag. Wat het jy aangevang toe jy jonk was? Was jy miskien Mej Hoërskool of Mnr Tawwe Tienie. Wat het jy tydens jou Perskordae gedoen? Wat doen jy nou?

Fotodag 1: Dit behoort aan Lala

LALA WAHL het dié twee foto's aangestuur.

Dit is die eerste foto's van ons gereelde fotodag wat vandag begin en elke Maandag sal verskyn. 

Staan 'n uur dié week af om deur jou bêregoed te gaan en gepaste foto's met byskrifte aan ons te stuur.  Die redakteurs kan gekontak word deur