Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

6.5.19

Hillbrow aan ons voete – dekades gelede!

KARIN PRETORIUS skryf: My kollegas Maureen Swart -- met haar puik navorsing oor Hillbrow -- en Gert Van Rooyen se herinneringe aan "die plek van die duiwel", het my met nostalgie vervul en my geheue het teruggebons vanaf Kaapstad oor die Karoovlaktes, tot binne my piepklein woonstelletjie in Smitstraat 32 in Hillbrow.

Dit was my blyplek toe ek in Januarie 1970 by Die Transvaler aangesluit het, met ‘n fris opdraande stappie na die koerant in Braamfontein, huurgeld van R29 en salaris R180 per maand!