Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

9.8.13

Redakteurs hou makietie

Dit was 'n behoorlike makietie wat onlangs (Desember 1973) aan huis van mnr en mev Marius Jooste, besturende direkteur van Perskor, vlakby die pragtige Johannesburgse Dieretuinmeer gehou is.

Dit is nie elke dag dat mnr en mev Jooste daarin slaag om al die Johannesburgse en Pretoriase redakteurs en hul vroue aan dieselfde
hoek na die vaste aarde te pluk nie ... dit is ook nie elke dag dat redakteurs die praghuis van mev Jooste betree nie.

Dit was dus 'n geleentheid om fees te vier en ook om die bevordering en aanstellings van redakteurs te gedenk. Dr Willem de Klerk het by mnr Carl Nöffke as hoofredakteur van Die Transvaler oorgeneem wat op sy beurt weer aangestel is in die nuwe pos van hoofredakteur van Perskor se Nuusdienste, terwyl mnr Bennie Fritz as hoofredakteur van Rooi Rose aangestel is.


Agter van links af is: Carl Nöffke, Willem de Klerk, Harald Pakendorf (redakteur, Oggendblad), Dirk Richard (redakteur, Die Vaderland), Bennie Fritz (redakteur, Rooi Rose), Martin Sping (redakteur, SA Financial Gazette) en At de Beer (redakteur, Hoofstad).

Voor van links af is: mev Fritz, Aletta Pakendorf, Spring, Sia Richard, Frances Nöffke, Elsabe de Klerk en Rina de Beer. (Perskorhaan, Desember 1973)