Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

16.9.13

Fotodag 3: Kooivlooi, wat soek jy in my vlooikooi!

‘n Koerantman moet vat hy kry as dit by slaaptyd kom solank sy storie in die bed is.

Dié twee foto’s is drie en half jaar uitmekaar geneem van twee oud-kollegas wat dieselfde lot getref het ná ‘n uitputtende dag van stories jag vir hul koerante.



WAT is die slaap 'n wondersoete ding! Die ding is net dat 'n verslaggewer nie altyd 'n slaapplek kan kry nie. Maar Kobus Terblanche van Rapport laat 'hom nie deur 'n tekort aan lêplek afskrik nie. Wanneer hy moeg is en ver van die huis af en sy storie veilig in die hande van die nuusredakteur, kap hy sommer om net waar hy kom. Dit is André Kotzee wat hierdie foto van hom geneem het op 'n sending "iewers in die agterveld". – Perskorhaan, Maart 1975.



This bonny little boy is none other than our man in Bulawayo, Clive Mocke, full-time representative of the Rhodesian Financial Gazette. The photograph was taken in a hotel at Wankie when Clive did the reporting on the Wankie Colliey disaster. There were no beds at the local inn for latecomers and Clive was assigned to the kiddies' room. -- Perskorhaan, Augustus 1972.