Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

22.8.13

Noord-Transvaler skenk petrol aan Rhodesië

BENNIE NEETHLING, oudredakteur van Noordelike Stem/Northern Times op Kroonstad en gewese redaksielid van Die Noord-Transvaler op Pietersburg (nou Polokwane) skryf: Die Noord-Transvaler het iewers in die jare sestig ‘n hele sewe konkas petrol aan die destydse Rhodesië (nou Zimbabwe) geskenk. Oom Hennie de Klerk, ‘n direkteur van die maatskappy en voorsteller van die idee, en die koerant se verslaggewingspan, bestaande uit Neels Steenekamp,
redakteur; Jaap Swanepoel, Basie Grobler (Potgietersrus-kantoor), en Bennie Neethling (Pietersburgse kantoor), het dit gaan aflewer.


Op die foto’s van links onder is: Neels Steenekamp en mnr Ian Smith, die Rhodesiese premier, wat oom Hennie de Klerk bedank. Dan volg ons spannetjie; dan Basie Grobler, wat baie kort was en baie bly toe hy in Bulawayo iemand raakloop wat korter as hy is. Ons manne ginnegaap met ‘n seun in Bulawayo. Volgende, antikloksgewys: oom Hennie teken ‘n boek terwyl Neels (middel) en Jaap Swanepoel (regs) toekyk. Dan oom Hennie wat met Smith hand skud; gevolg deur Neels en iemand onbekend; weer Neels in gesprek met mev Smith; oom Hennie en Smith; en so ook die volgende foto’s met ‘n inlas van my toe ek nog mooi en jonk was.