Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

2.9.13

Fotodag 1: Dit behoort aan Lala

LALA WAHL het dié twee foto's aangestuur.

Dit is die eerste foto's van ons gereelde fotodag wat vandag begin en elke Maandag sal verskyn. 

Staan 'n uur dié week af om deur jou bêregoed te gaan en gepaste foto's met byskrifte aan ons te stuur.  Die redakteurs kan gekontak word deur
op hul name in die regterkolom te klik.



Hierdie was 'n bymekaarkombraaitjie saam met Andries (Garies) van Zyl (regs) van die destydse SAUK in die goeie ou dae. As ek reg onthou was dié geselligheidjie by Dave Viljoen (links) aan huis. Ek en Danie is in die middel. (Garies het een van die hoofrolle vertolk in K'rant se storie "Pretoria se viole galm in Kimberley" - lees hier. - Red.)



Liewe ou Harry Gouws saam met die skone vroue by Dié Klub in Troyeville.Stella (Fouché) Niemand, Marinda Chandler, destyds Blackie Swart, Harry en Ira Wandrag (nou Naudé).