Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

16.8.13

Harry Lombaard met 'n hamer aangeval

HARRY LOMBAARD, sportjoernalis van onder meer Die Vaderland, is vroeër dié week ernstig aangerand. Hy is met 'n hamer geslaan en het skedelbreuk.

Gerhard Burger het laat weet dat hy met die “Horse” se vrou, Maryna, gesels het. Sy het vertel dat Harry in die intensiewe sorgeenheid van die hospitaal behandel is, maar dat hy vandag (Vrydag) na 'n gewone
saal geskuif word.

Die aanvaller het jare gelede 'n stuk werk by hulle gedoen en wou op 'n dag geld leen; wat hy toe nie gekry het nie.

Maryna was in die huis besig om gereed te maak om winkels toe te gaan toe hy aangeval is. Sy het nie gehoor hoe hy skree nie en eers gesien hoe hy lyk toe sy die agterdeur oopmaak om hom te roep en hom vol bloed voor die deur sien sit.

Die aanvaller is naby die Horse se huis gevang, met 'n swart sak waarin 'n klomp van die Lombaards se goed was. Hy word van poging tot moord aangekla.

Harry en Maryna het vandag berading ontvang, maar sy sê die Horse is so moerig hy wil oorlog maak. En hy wil weet wanneer kan hy weer gaan werk wat 'n goeie teken is