Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

26.5.15

Ons vlieg agter die Bek se baba aan

KARIN PRETORIUS skryf: Ek het nou nie soos ons minister van sport Amerika toe gevlieg vir die boksgeveg van die eeu tussen Floyd Mayweather en Manny Pacquiao nie, maar wel na Durban vir ‘n storie oor die geboorte van die eeu - díe van die eersgeborene van boksheld en swaargewig-kampioen, Kallie Knoetze en sy vrou Elize.

Of só altans het mev Baby Hyman, hoofredaktrise van Rooi Rose, gedink toe Kallie-Matt gebore is. Ek glo broeisheid het die ouma in tant Baby oorrompel en al wat sy wou hê, was ‘n artikel oor die Knoetzes en klein Kallie-Matt wat vernoem is na sy peetpa, Matt Lotter. Hy was die broer van afrigter-bestuurder Billy Lotter.

22.5.15

Slange-hel in die wildtuin

MAUREEN SWART skryf: Reeds as 'n pas-uit-die-klaskamer-groen verslaggeefster by Die Vaderland het ek besef dat 'n joernalis te alle tye op die onverwagte voorbereid moet te wees. 'n Storie verloop nie altyd uit soos jy verwag het hy gaan loop nie. Selfs 'n oënskynlik onskuldige "human interest" gebeurtenis kan 'n onmenslike kinkel hê. Verwag die onverwagte, dus.

So gebeur dit dat Frans du Toit my een naweek na 'n privaat wildtuin iewers in die ou Transvaal stuur om 'n storie te doen oor 'n groep Britse akteurs wat op 'n toer deur Suid-Afrika was. Hulle was tussen opvoerings en sou die naweek by dié betrokke wildtuin ontspan.

19.5.15

Johan stap via K'rant op ou paaie

JOHAN LOTTERING skryf: Ek het twee keer by Perskor gewerk, eers in die laat sewentigs in die sportredaksie onder Chris Botes en toe Johan Volschenk by Hoofstad en toe weer in die laat tagtigs in die subkantoor by Die Transvaler, onder hoofsub Sandy MacDonald.

Ek het dikwels in die nagkantoor gewerk. Gert Coetzee het soms diens gedoen as nagnuusredakteur. Tommy Nel, sy regterhand in ‘n stadium, het baie maal met smaak vertel hoe ons voorgangers een jaar bevrore hoenders vir Kersfees gekry het.

4.5.15

Kolskoot-foto van Perskor-man

GERHARD BURGER was nie net een van Suid-Afrika se beste sportredakteurs en ‘n knap redakteur van Transvaler nie. Hy het ook ‘n aanvoeling vir militêre bedrywighede.

Die Queen Mary 2 het onlangs by Port Elizabeth, waar Gerhard woon, aangedoen.By Fort Frederick het hy onderstaande bedreiging vir die Britse seevaarders raakgeloop en sy kamera uitgehaal. ‘n Mens weet nooit wat kon gebeur het nie en dan het hy “scoop”-foto's soos min gehad.