Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

8.8.13

Alwyn se 'mistieke' afskeid

LALA WAHL het lank gelede ‘n klompie foto’s gestuur van Alwyn Strydom se afskeid onderweg na Australië. Die afskeid is op die destydse Lughawe Jan Smuts voortgesit en is verder verleng omdat die vliegtuig laat was. K’rant het probeer om ‘n storie oor die partytjie te kry, maar dit was blykbaar só ‘n sukses dat niemand iets daarvan kan (of wil) onthou nie. Nietemin, hier is die foto’s van die mense met kollektiewe geheuverlies.

Carla (van Buuren) van der Spuy, Alwyn Strydom en Blackie (Swart) Chandler.
Joe van Buuren, Danie Malan, Alwyn Strydom.
Lala Wahl, Alwyn Strydom en Blackie (Swart) Chandler.
Alwyn Strydom, Joe van Buuren en Danie Malan.
Piet Ebersöhn, Alwyn Strydom, Joe van Buuren en wyle Johann van Loggerenberg
Frans Roodt en Piet Ebersöhn.
Hier praat Bacchus klaar!