Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

20.11.19

Hoeveel kos iets moois?

MAUREEN (Heyl) SWART skryf: Terwyl ek navorsing vir 'n storie oor Brixton gedoen het, het ek ook deur K'rant gesnuffel en onder andere huldeblyke aan Kittie Vermaak gelees.

Dit het my baie hartseer gemaak. Nie net omdat sy nie meer met ons is nie, maar ook omdat ek ten tye van haar dood nie daarvan geweet het nie en dus nie haar begrafnis kon bywoon nie. Die rede hiervoor is dat ek toe nog nie met K'rant kennis gemaak het nie.

Nou wil ek graag 'n laat huldeblyk aan haar bring. Kittie was vroueredaktrise van Die Vaderland terwyl ek in die vroeë sewentiger jare hofverslaggewing gedoen het.

18.11.19

Hillbrow se ander spore

PIET EBERSÖHN skryf: Dit het gʼn niks met Perskor uit te waai nie, maar Maureen Swart, Karin Pretorius en Gert van Rooyen se Hillbrow-stories herinner my met ʼn ompad aan ʼn ervaring as buitemuurse student.

Dalk is dit versagtend dat die stil tye tussen opeenvolgende uitgawes in die nagkantoor broodnodige studietyd opgelewer het.

In elk geval, ek moes destyds ʼn werkstuk oor die ontstaan en ontwikkeling van die Johannesburgse Hospitaal doen en navorsing uit The Star van die jare voor die eeuwisseling het vir ʼn ligter oomblik of wat gesorg.

13.11.19

Suzelle Fourie in haar slaap dood

Suzelle Fourie
JOHANN VERSTER, vroeër misdaadverslaggewer by Die Vaderland en Transvaler en later motorredakteur, het ons laat weet dat Suzelle Fourie byna agt maande gelede oorlede is.

In ‘n berig wat Johann aangestuur en reeds op 1 April 2019 in Weslander (kantoor in Vredenburg -- Red.) verskyn het, skryf Trish Goosen: “Suzelle Fourie, gewese mede-eienaar van Weslander, is verlede week (in Maart 2019 -- Red.) in haar slaap dood.

“Suzelle (77) was meer as 20 jaar (1979-2000) die redakteur van Weslander voor sy en haar man, Gerrie, die koerant aan Media24 verkoop het.”

12.11.19

K’rant byna by sy millennium-uitgawe

PIET EBERSÖHN skryf: Wat ʼn mal perd het ek nie opgesaal toe ek
toentertyd op Peet Simonis se versoek die redakteurskap van K’rant by hom oorgeneem het nie.

Nou vertel die huidige redakteur, Philip Deetlefs, my dat ons nog net 13 stories kort om dit 1 000 stories te maak wat al in K’rant gepubliseer is.

Noudat die stories in K’rant al die millennium-merk verbysteek, raak die bittersoet van daardie vestigingsjare sommer heuningsoet.

11.11.19

Tyd om vir oulaas diep te grou

K’rant kort nog net 14 stories ons totaal op 
1 000 stories te bring!

K’rant het oor die jare saam met die lesers en bydraers gegroei om ‘n unieke naslaanbron met interessante stories en (nou) geskiedkundige foto’s te word, wat op hierdie manier vir die nageslag bewaar word.

Ek weet dis nie altyd goed om bloot hoeveelhede te jaag nie, maar ek dink as elkeen van ons nog net een (laaste?) keer lekker diep in ons geheue gaan rondgrawe, sal daar tussen ons gewis nog 14 trefferstories opgedis kan word.

Ons sien uit daarna om julle stories te kry en moet nie dink dat die syfer 14 ‘n doodsnik is nie. Daar is nog 'n hele paar leë blaaie wat gevul kan word. -- Redakteur.

8.11.19

Gogga maak vir baba bang

PHILIP DEETLEFS skryf: In die vroeë jare sewentig was ons ‘n jongklomp by Die Transvaler wat min of meer saam begin werk het en ook groot vriende geword het. Willie Buys was nuusredakteur, Carel Noffke die hoofredakteur.

Ek dink dis omdat ons eintlik so min geld verdien het dat ons as ‘n groep vriende en kollegas naweke saam “goedkoop” pret gemaak het. Een van ons prettige dinge was om te gaan piekniek hou by plekke soos Gillooly's Farm en ‘n plek iewers in die Wesrand waarvan ek die naam nie meer kan onthou nie. Daar was ‘n lekker diep poel in die rivier onder ‘n krans. Dit was ‘n gewilde piekniekplek met die eerste piekniekgangers wat natuurlik die uitsoekplek gekies het.

5.11.19

Nagmerrie in Twiststraat

MAUREEN (Heyl) SWART skryf: MAUREEN (Heyl) SWART skryf: Wat ís dit tog met Hillbrow dat ons hom nie kan uitlos nie en hy ons nie wil laat gaan nie? Net toe ek gedink het dat alles wat daar oor die "Brow" te sê is, reeds gesê is, was Karin Pretorius se heerlike en interessante storie in K'rant.

Helaas, hierdie eens geliefde voorstad het 'n plek geword om te vrees. Hóór deesdae net die naam, "Hillbrow," en alarms begin in jou kop skree: GEVAAR! BLY WEG!

Daar is oorbevolking, erge armoede, baie van die geboue, 'n swetterjoel daarvan gekaapte plekke, is in so 'n vervalle toestand dat dit lewensgevaarlik is om daarin te woon en elke soort misdaad onder die son vier in hierdie woonbuurt hoogty.*1)