Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

30.8.13

Johnny was ’n buurman duisend

PIET EBERSöHN skryf: Toe ek nou die dag weer Philip Deetlefs se storie oor die rugbywedstryd tussen Polisie en Wits lees, met sy verwysing na die linkse en antichristelike Witsies (lees hier), dink ek aan ons buurman in Westdene, waar ek en Philip en Wilma in ‘n huis gebly het. Johnny Holloway was as faktotum aan die Universiteit van die Witwatersrand verbonde en – hou vas – die voorsitter van die HNP-tak op die kampus.

Navorsing oor André Pienaar gedoen

Jaco Henning van Ellisras, skryf: Ek is familie van André Pienaar, wat `n skrywer by van die Perskorkoerante was. Hy het ook twee boeke geskryf,
naamlik.

• In die Groot Bokskryt
• Kommisie Sakdra

29.8.13

Ontgroening laat Charl groen om die kieue

CHARL THOM skryf: Een van my eerste (en naarste) onthoubare ervarings as joernalis was in my heel eerste pos by die SAUK se nuuskantoor in Durban. Ek is sommer dadelik in die diep kant ingegooi op die misdaad-‘beat’. (As daar dalk ‘n goeie Afrikaanse woord is vir ‘beat’ het ek nog nie daarvan gehoor nie.)

Die vorige misdaadverslaggewer, wat toe pas aangeskuif het na ‘n beter
betalende pos het darem goedgunstig sy kontaklys aan my verskaf. Dit was my taak om dié mense daagliks te bel en ook soveel moontlik te besoek.

Wat ek nie geweet het nie, was dat daar ‘n gebruik was dat elke nuwe misdaadverslaggewer ‘ontgroen’ word. My eie ‘ontgroener’ was ene sersant Meyer wat in beheer was van die Staatslykshuis.

28.8.13

Rolprente om ons ons koerante te “stoot"

HEINE TOERIEN, Perskor se publtsiteitsman, het onlangs die draaiboeke vir twee kort advertensierolprente, een vir Die Transvaler en die ander vir Die Vaderland, voorberei, die dienste van 'n filmmaatskappy bekom, en toe 'n bietjie agter die kamera's en goeters ingespring om die skietwerk af te handel. Hierdie films is in Maart 1975 uitgereik en word in inryteaters en in 'n paar stadsteaters aan die Witwatersrand vertoon.

27.8.13

Hierom is hy Die Horse

GERHARD BURGER skryf na aanleiding van Willie Buys se vraag “Hoekom is hy Horse”?: Harry het moontlik sy bynaam gekry van 'n karakter in Damon Runyon se boeke. Miskien het die welbelese Willie Roux iets daarmee te doen gehad; of Phil Zaayman, wat ook 'n aanhanger van Runyon was.

Harry en Willie en Wessel O en 'n paar ander manne is destyds dikwels

Lou in die pekel

LALA WAHL krap dié spotprent van Lou Henning tussen haar herinneringe uit.

Die verskyning van haar en Joe Venter se gesigte (uit die hele sportredaksie) tussen die sporthelde van destyds het Lou nogal ongewild in die Houtgang gehad.

26.8.13

Voortreflike en beminde Gert se spore sal nooit toewaai nie

Die gewese Voortrekkerpers- en Dagbreekpersjoernalis, GERT LE ROUX, wat onlangs op 78 in Pretoria aan hart- en longmoeilikheid oorlede is, het as administrateur, statistikus en joernalis diep spore in Suid-Afrikaanse atletiek getrap.

Ná sy universiteitsopleiding aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat het hy in 1956 by die destydse SA Uitsaaikorporasie in diens getree.

Hy was van 1959 tot 1962 lid van die sportredaksie van Die Transvaler in Braamfontein. Hy is daarna na Dagbreek en Sondagnuus in Doornfontein en later in Aucklandpark. Dié koerant het later met Landstem saamgesmelt om Dagbreek en Landstem te word.

23.8.13

Ontugwet plaas rustige Excelsior met ‘n knal op wêreldkaart

WILLIE BUYS skryf: Dit was kort nadat ek my eerste amalgamasie van koerante (Dagbreek en Sondagnuus en Die Beeld) beleef het en by die destydse middagblad Die Vaderland ingedeel is in die nadraai van dié samesmelting. Die toentertydse nuusredakteur van Die Vaderland, die immergewilde Frans du Toit, nou saliger, het my op ‘n keer ingeroep en opdrag gegee om verslag te gaan doen oor een van die grootste stories van my lang loopbaan.

22.8.13

Gert Vrydag begrawe

Die begrafnisdiens van oudkollega GERT LE ROUX vind om 11:00 Vrydag 23 Augustus 2013 in die NG Kerk Faerie Glen, Glenwoodweg 429, Faerie Glen, Pretoria, plaas.

Noord-Transvaler skenk petrol aan Rhodesië

BENNIE NEETHLING, oudredakteur van Noordelike Stem/Northern Times op Kroonstad en gewese redaksielid van Die Noord-Transvaler op Pietersburg (nou Polokwane) skryf: Die Noord-Transvaler het iewers in die jare sestig ‘n hele sewe konkas petrol aan die destydse Rhodesië (nou Zimbabwe) geskenk. Oom Hennie de Klerk, ‘n direkteur van die maatskappy en voorsteller van die idee, en die koerant se verslaggewingspan, bestaande uit Neels Steenekamp,

21.8.13

Jasper se huis beplak

Met JASPER SCHELLINGERHOUT, hoofsub van Die Vaderland, se vertrek in Mei 1977 na Port Elizabeth waar hy as streekredakteur van Die Landbouweekblad aangestel is, het hy 'n groet van sy kollegas gekry wat hy en vroulief, Christel, nie maklik sal vergeet nie. Toe dié egpaar ná werk tuiskom, was die mure rondom hul huis met tientalle Vaderland-plakkate beplak.


20.8.13

Uitgeplukte film red my van 90 dae se opsluit

PEET SIMONIS skryf: Herman le Roux se mooi storie oor ons ou mater Neil Steyn (mater is Neil se woord), het ek baie geniet. Ek en Neil was dieselfde jaar in matriek in dieselde skool in Bloemfontein en ek en Herman het saam by Volksblad gewerk vir ses jaar ... lekker jare.

Herman en sy vrou (naam is Rina as ek na ‘n halfeeu nog reg onthou) het in 'n baie oulike huis gewoon en het nie omgegee dat ek en Esther

19.8.13

Sportskrywer Gert le Roux oorlede

GERT LE ROUX (78), oud-sportjoernalis van onder meer Die Transvaler, Die Vaderland en die Sondagkoerant Dagbreek is Saterdag  in ’n Pretoriase hospitaal oorlede. Hy het hart- en longprobleme gehad.

Gert was van 1971 21 jaar lank sekretaris van die eertydse Suid-Afrikaanse Amateuratletiekfederasie (SAAAU) en was meer as 50 jaar betrokke was by die uitgee van die Suid-Afrikaanse atletiekjaarboek.

Moet tog nie vir Gerhard vra hoe was sy toer-vakansie nie

GERHARD BURGER, destyds Die Vaderland se sportredakteur, vertel dat die toer saam met Hannes Marais se Springbok-rugbyspan in 1971 na Australië geen vakansie was nie. Dié storie het in Augustus 1971 in Perskorhaan, personeelblad van Perskor, verskyn. (Die foto links is in 1973 geneem. - Red.)

16.8.13

Harry Lombaard met 'n hamer aangeval

HARRY LOMBAARD, sportjoernalis van onder meer Die Vaderland, is vroeër dié week ernstig aangerand. Hy is met 'n hamer geslaan en het skedelbreuk.

Gerhard Burger het laat weet dat hy met die “Horse” se vrou, Maryna, gesels het. Sy het vertel dat Harry in die intensiewe sorgeenheid van die hospitaal behandel is, maar dat hy vandag (Vrydag) na 'n gewone

Pretoria se viole galm in Kimberley

PIET EBERSöHN skryf: Ek het iewers al vertel van my bra traumatiese eerste joernalistieke kennismaking met die tema grondbewaring. In ’n ander werkkring het ek ’n aansienlik opwindender ervaring met dié saak gehad.

In die eerste helfte van die 1980’s rond het ek ’n kongres van die Noord-Kaapse Landbou-unie (NKLU) op Kimberley bygewoon om

15.8.13

As lekker langer as ’n vinger lank raak

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Die Transvaler het benewens sy joernaliste en fotograwe op ‘n string medewerkers en korrespondente staat gemaak om die nuusnet so wyd moontlik te gooi. Een van hulle, Otto Krause, was ‘n politieke skakelman wat sakemanne op die hoogte van politieke verwikkelinge gehou het en hoe dit hulle ondernemings kan raak.

14.8.13

Blou Bul ‘Otter’ sag soos lam, onthou soos olifant en werk soos esel

HERMAN LE ROUX, gewese sportredakteur van Die Volksblad en van Beeld, skryf: Otter was sy bynaam op skool, maar dit is nie ‘n vleiende beskrywing van die Neil Steyn wat ek ken nie. Eintlik is hy so sag soos ‘n lammetjie; het hy die geheue van ‘n olifant en hy kan werk soos ‘n esel. En nog nader aan die diereryk is hy ‘n ondersteuner van die Blou Bul in murg en been.

Kleinood uit die teeblik

LALA WAHL skryf: Toe ek vanmiddag my ou 3-lb-Mazawattee-teeblik oopmaak, wat my skoonma, Hester Malan, jare gelede met allerhande snuisterytjies daarin vir my gegee het, kom ek onder meer op dié kosbaarheid van Herman Gouws af.

13.8.13

Emmie laat die mense na hul asem snak in hitstjor-ren!

"JY gaan vanmiddag 'stokkar' ry!" het Tom Buys, nuusredakteur van Die Vaderland, onomwonde gesê terwyl sy "slagoffer", verslaggewer Emmie (Bornman) Gous, so blekerig om die kiewe word.

Maar Tom is nie 'n man wat van teëpraat hou nie en Emmie en fotograaf Frank Rossouw is weg na die Randse Paasskou se arena waar die hitsmotors elke aand gejaag het.

12.8.13

G’n groter vriend in nood

ANDRÉ VAN DER MERWE, ‘n oudkollega onder meer by Perskorburo en Die Vaderland, is verlede week oorlede.


Só onthou sy kollegas hom:

9.8.13

Redakteurs hou makietie

Dit was 'n behoorlike makietie wat onlangs (Desember 1973) aan huis van mnr en mev Marius Jooste, besturende direkteur van Perskor, vlakby die pragtige Johannesburgse Dieretuinmeer gehou is.

Dit is nie elke dag dat mnr en mev Jooste daarin slaag om al die Johannesburgse en Pretoriase redakteurs en hul vroue aan dieselfde

8.8.13

André van der Merwe oorlede

ANDRÉ VAN DER MERWE, gewese verteenwoordiger van Perskorburo in Port Elizabeth en later ‘n redaksielid van Die Vaderland in Johannesburg, is Dinsdag, 6 Augustus 2013, oorlede.

Die oorsaak van sy dood is nog onbekend.  Volgens 'n niggie, Leonora Jackson, was André in 'n buitekamer besig om te werk.  Sy vrou, Denise, het hom daar gekry.

Alwyn se 'mistieke' afskeid

LALA WAHL het lank gelede ‘n klompie foto’s gestuur van Alwyn Strydom se afskeid onderweg na Australië. Die afskeid is op die destydse Lughawe Jan Smuts voortgesit en is verder verleng omdat die vliegtuig laat was. K’rant het probeer om ‘n storie oor die partytjie te kry, maar dit was blykbaar só ‘n sukses dat niemand iets daarvan kan (of wil) onthou nie. Nietemin, hier is die foto’s van die mense met kollektiewe geheuverlies.

7.8.13

Verslaggewer 40 jaar gelede

PHILIP DEETLEFS skryf: Vanjaar is dit 40 jaar gelede toe ek in Aucklandpark by Die Transvaler se redaksie ingeval het. Pas klaar met twaalf jaar op skool, ’n jaar se diensplig en ’n jaar op universiteit.

Vandag kan ek lekker terugdink aan die stuk of 17 jaar wat ek in die joernalistiek betrokke was.

Een van my heel eerste gewaarwordinge van die nuwe wêreld waarin ek my begewe het, was dat dit hoegenaamd nie ‘n beroep met aansien is nie, soos Frans du Toit duidelik uitgestippel het met sy vertellinge van hoe moeilik dit was om mense te kry om die werk te doen.

Lani sê dankie

Lani Botha, oudste dogter van Andries Botha wat onlangs oorlede is, skryf:

Geliefde mense

Hier bevind ek myself weer in die donker ure – voorstedelike honde reeds stil en voëltjies nog nie aan’t tjirp nie, selfs Johannesburgse verkeer stillerig. Steeds op soek na brokkies van my pa. Toe kom ek af op K’rant se huldeblyke …

Kostelike en veelsydige herinneringe vol deernis en waardering. Hulle trek eindelose trane … soos uit ‘n lap wat net nie wil droog nie, soos ‘n nat Kaapse winter. En dít na amper ‘n week van sekerheid dat ek die hef van aanvaarding en humor (soos dit die oudste dogter betaam) stewig in die hand het – sonder omkyk of soutpilaar word.

6.8.13

500!

K’rant het gister sy 500e storie geplaas -- ‘n bietjie meer as 14 maande nadat hy die lig gesien het. Heel gepas was die storie deur Piet Ebersöhn geskryf, die man aan die stuur.

Geluk, K’rant. Geluk, Piet. Geluk en dankie aan al die bydraers.

Nou vir die volgende 500 stories! Die redaksie en die lesers wag gretig. En onthou die foto’s vanmelewe se dae.


Aflegging is nie noodwendig altyd sleg nie

TOM CAIRNCROSS skryf: Toe ek en Rean Steenkamp so ‘n klompie jare gelede die onaangenaamheid beleef het om onder andere afgelê te word, het die toekoms nie te rooskleurig gelyk. Nie net die geldelike dilemma nie, maar om elke dag sinvol besig te bly. Rean in sy fleurige dertigerjare en ek in sy middel vyftigerjare.

5.8.13

Transvaler troef Volksblad op eie werf

PIET EBERSöHN skryf: Dit was halfdrie, drieuur in die oggend. Die laaste uitgawe van Die Transvaler was pas in die bed en die laat skof se manne het ontspannend agteroor gesit met ’n dop, wat by Vegkop laat haal is, om die dag se woelinge in rustige oënskou te neem.

Toe lui die telefoon …

2.8.13

Andries stil-stil ’n baanbreker

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Nog 'n seder tuimel. Dit voel soos nou die dag dat dr Willem de Klerk in die Melkweg tent gaan opslaan het voordat Andries ook daar gaan uitspan het. 'n Mens was gewoond om hom tydens die jaarlikse Perskor-ete te sien. Hy borrel en bruis van groep tot groep. Lag hier en grap daar en nou is hy weg.

Ek het Andries ontmoet nadat ek Die Vaderland vir meer geld by 'n

1.8.13

Deurwinterde nuusman vir K’rantspan

CHARL THOM is K'rant se nuwe mederedakteur.  Hy vul die vakature wat gelaat is ná Andries Botha se heengaan.

Charl het grootgeword op ’n plaas in Noord-Natal in die distrik Utrecht en in 1961 aan die Hoërskool Volksrust gematrikuleer.

Ná sy Weermagopleiding is hy na Tukkies waar hy ‘n BA-graad