Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

31.3.14

Fotodag 24: Jooste met nuwe motor in ongeluk

DIE besturende direkteur van Perskor, mnr Marius Jooste, en sy eggenote, mev MH Jooste, was onlangs in 'n motorongeluk naby Witkoppen betrokke.

Mev Jooste is met 'n heupbesering en veelvuldige kneusplekke in die Edenvalehospitaal opgeneem. Mnr Jooste is, ná behandeling ontslaan.
Die volgende dag, ná behandeling, is mev Jooste toegelaat om huis toe te gaan.

29.3.14

† Sarel Snyman oorlede

ANTOINETTE PIENAAR het laat weet dat haar broer, Sarel Snyman, ‘n gewese Perskoradvertensieman, Donderdag 27 Maart sy eie lewe geneem het. Hulle is die kinders van Martie Snyman, eertydse redakteur van Rooi Rose. Die begrafnis is Vrydag 4 April in Johannesburg en die reëlings sal bevestig word

28.3.14

'n Meneer van ʼn Oom en ʼn Derduiwel tref my aan die Wes-Rand

ARRIE DE BEER, ‘n gewese Die Transvaler-man en later gerekende akademikus in die Kommunikasiekunde aan die Potchefstroomse Universiteit en Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch, skryf: Ek is Gert Coetzee dankbaar oor die weergawe van sy pa se lewe en werk as die Die Vaderland/Die Transvaler se verteenwoordiger in die ou Wes-Transvaal. Die verhaal het verlede jaar in K’rant verskyn.

27.3.14

Van ‘Aspoestertjie’ tot kommissaris

WILMA DEETLEFS skryf: Die geluksgodin het ‘n groot rol gespeel in die rigting wat my loopbaan ingeslaan het ná jare in die joernalistiek omdat sy altyd verseker het dat ek op die regte tyd op die regte plek was.

Ek het vir oulaas my Perskor-tikmasjien gegroet by Die Vaderland in Doornfontein kort voor ons terugkeer na Windhoek. Omdat ek nie

26.3.14

Joernaliste is veelsydig en ondernemend

PIET EBERSöHN skryf: Lank, lank gelede die uiteenlopende beroepe wat joernaliste voor en na hul skof in die soutmyne gevolg het. En dan praat ons nie van logiese uitvloeisels soos skrywers, taalpraktisyns, uitgewers en skakelbeamptes nie.

Suzelle Fourie het vertel van haar avontuur as onderwyseres in China, Piet Roodt van syne in die mikroleningsbedryf, Lizette Bruwer het

25.3.14

Ope Vraag nr. 2

PHILIP DEETLEFS skryf: Nou ja, die eerste vraag het darem twee antwoorde van elders as die redaksie oor erge verleenthede opgelewer. Ons hoop dit is die begin van menigte antwoorde op ons Ope Vrae.

Hier onder is die nuwe vraag om aan te herkou en julle eie unieke antwoorde vir ons op te dis.

24.3.14

Fotodag 23: Perskor-biblioteek se eerste dae

Só het Perskor se naslaan-biblioteek op die derde verdieping in Julie 1949 gelyk toe Die Vaderland (destyds die Afrikaanse Pers Beperk) na sy nuwe en huidige gebou in Aucklandpark getrek het.

Stapels en stapels ingebinde koerante, lêers vol uitknipsels en foto's,
blokke, tydskrifte en wat alles daarmee gepaard gaan, moes na die nuwe gebou gepiekel word.

20.3.14

Speedy vies vir Neil Diamond

PIETER KRUGER skryf: Toe ek Stella Niemand se beriggie oor Neil Diamond lees, dink aan terug aan Chris Vermeulen.

Chris, oftewel Speedy soos hy algemeen bekend gestaan het, was werksaam in die Vaderland se sportkantoor.

Leendert Pieterse was die sportredakteur en om spangees te bou, het

19.3.14

21 jaar later met vakansie

ANDRÉ BESTER, gewese sportredakteur van Transvaler, skryf: Rugbyskryf is in my bloed, maar soos enige sport het dit maar sy beserings, en die ernstigste daarvan is dat ek omtrent elf maande van die jaar sewe dae per week werk.

Desembers haak ek gewoonlik my woonwa en Buffelsbaai is een van my gunstelingbestemmings, maar die afgelope vakansie het ons as gesin

18.3.14

‘Genesings ja, maar twyfel bly’

Die vyfde en laaste aflewering in PEET SIMONIS se reeks oor sy ervarings terwyl hy in die jare sewentig ‘n reeks oor geloofsgenesings vir Die Transvaler geskryf het.

PEET skryf: Die storie van medikus dr Willem Gauché (vorige storie), dat hy self gesien het hoe ‘n polio-slagoffer se aangetaste been uitgroei tot dieselfde lengte as die ander normale been en hoe dit hom verander het van iemand wat nie eintlik geglo het in God nie tot ‘n gelowige, het destyds opspraak verwek en nog meer mense laat stroom na Dan Bosman se genesingsdienste.

17.3.14

Fotodag 22: Neil Diamond in Dittonlaan

STELLA NIEMAND skryf: Wie onthou nog die dag toe Neil Diamond 'n draai in die berugte Dittonlaan 10, Aucklandpark, gemaak het? Daar was wel diegene wat sou sweer dis eintlik Gert van Rooyen, 'n kollega, maar hulle weet nie wat hulle misgeloop het nie!

Vir die oningewydes: 'n hele klompie van DT se jongklomp het in die jare sewentig by die adres gewoon en baie gedenkwaardige (ook minder gedenkwaardige) dinge het daar gebeur.

14.3.14

Dertien lewens had land (en wêreld) aan die gons

PIET ROODT skryf: Ek herinner my aan ʼn storie wat nogal baie interesant was, maar name en datums kan ek nie meer onthou nie.

Dit was van ʼn jong meise – in haar tienerjare wat in Capitalpark in Pretoria gewoon het. Sy’t beweer sy het dertien vorige lewens gehad – uiteenlopend van 'n Egiptiese prinses tot ʼn plattelandse meisie in Engeland en iemand wat in Griekeland gewoon het.

13.3.14

Grensvegters wen die stryd

PHILIP DEETLEFS skryf: Willie Buys en sy gesin het in Desember 2000 by ons in Windhoek kom kuier nadat ek en Wilma eers vir ons ouers in die Republiek gaan hallo sê het.

Van die Laeveld af op pad terug Windhoek toe het Willie-hulle op Parys by ons aangesluit sodat ons sommer saam Windhoek toe kon ry.

12.3.14

Pretoriase agnostikus gaan koop ʼn Bybel

Die vierde aflewering in PEET SIMONIS se reeks van vyf artikels oor sy ervarings terwyl hy in die jare sewentig ‘n reeks oor geloofsgenesings vir Die Transvaler geskryf het.

PEET skryf: Dr Willem Gauché was ‘n algemene praktisyn met ‘n groot praktyk in Pretoria. Hy was iemand wat nie juis meer in God geglo of kerk toe gegaan het nie en berigte oor die “kastige genesings” by Dan Bosman se dienste het hom omgekrap.

11.3.14

My ‘hula hoop’-scoop

HANS LOMBARD skryf: Dit gebeur nie aldag dat die hoofredakteur van ‘n koerant na die lessenaar van ‘n verslaggewer stap en hom na sy kantoor nooi in verband met ‘n opdrag om ‘n storie te gaan doen nie. Dit is gewoonlik die taak van die nuusredakteur.

Een oggend in 1957 terwyl die tikmasjiene in die redaksiekantoor van Die Vaderland in Aucklandpark kletter soos haelstene op ‘n sinkdak, staak hulle almal eensklaps. ’n Doodse stilte.

10.3.14

As ou kennisse ons verraai

PIET EBERSÖHN skryf: Terwyl ek verlede week van Middelburg af Pretoria terugry, druk ek ‘n laserskyf in die gleuf op die paneelbord en Joan Baez trek los met die liedjie “On the banks of the Ohio”.

Toe loop my gedagtes so dertig jaar terug toe ek, Frans Scheepers en Johan van Wyk een naweek Tzaneen toe is, onder meer om die mistiek van die Wolkberge te gaan belewe.

7.3.14

Fyn oog vir die teleks

PIET ROOS skryf: Die teleks was vir my seker een van die interessante dinge by die koerant. As jy met ‘n tikmasjien tik, is dit rukkerig en dit verpersoonlik jou tikgewoontes. Maar die teleks het soos 'n masjiengeweer geratel teen 'n konstante snelheid. Ek hoor nog die klank!

Een oggend staan ek by die nuustafel en André du Toit kom so stil-stil nader. Hy was soos die skim. Stil en het altyd heimlik sinies gelag.

6.3.14

Hulle word nie meer so gemaak nie

ANDRÉ BESTER, gewese sportredakteur van Transvaler, skryf: So tussen die skrywery op my eie rugbywebwerf, www.suparugby.com, Annemie se mediaskakelwerk by die Luiperds en ‘n klas wat sy af en toe by die NWU-Puk aanbied, het ek weer begin om funksies aan te bied waar van ons land se legendes vereer word.

Die eerste daarvan verlede jaar is genoem “Die Aand van Slotte” om een van die ikone van SA Rugby, prof Johan Claassen, nou 84 somers oud, te vereer.

5.3.14

Dokter sê hy glo ná meting van arm

Die derde aflewering in PEET SIMONIS se reeks van vyf artikels oor sy ervarings terwyl hy in die jare sewentig ‘n reeks oor geloofsgenesings vir Die Transvaler geskryf het.

PEET skryf: Van Los Angeles af is ek na Columbus, Ohio waar Dan Bosman ‘n paar dienste sou hou. Hy het ook op baie radio- en TV-stasies in die VSA opgetree. Dit was duidelik dat sy bekendheid as

4.3.14

Ope Vraag (deel 2): Nog twee oud-kollegas verklap hul groot verleenthede

Kort rokkie en hoë hakke laat my struikel

RIA RABIE skryf: My groot verleentheid het my teruggeneem na 'n bloedrooi bloosgeleentheid wat ek as rou verslaggewer van Die Vaderland se sportredaksie ervaar het.

Ek was pas in die sportkantoor losgelaat waar Leendert Pieterse, Gerhard Burger, André Bester, Tobie Mostert en 'n paar ander bekende name hulself laat geld het.

3.3.14

Fotodag 21: ʼn Fees wat nie end wou kry

GERHARD KLEIJN skryf: Onthou julle vir Gerhard van der Merwe? Einste hy wat destyds die salarisleer van Die Transvaler af Vleissentraal toe geklim het en toe nogal aktief betrokke geraak het by die Landbouskrywersvereniging? Nou, uit die bloute uit stuur Gerhard se dogter, Marlou, onderstaande kiekie aan.

Ou Gerhard was nogal kranig met kitaar in die hand en het ‘n heel