Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

25.5.20

Christien (Swanepoel) Nieman oorlede

Christien Nieman
MARISA WILCOCKS het laat weet van die afsterwe van Christien Nieman op 19 Mei 2020. Pankreaskanker is twee jaar gelede by haar gediagnoseer.

Christien het saam met haar broer Jan Swanepoel (hy is in Desember oorlede) in Die Vaderland se subkantoor gewerk. Sy was ons groot taalkenner. 'n Mens kon vir Christien enigiets vra, sy het altyd geweet wat die korrekte taalgebruik was. Waar party mense 'n "wandelende ensiklopedie" is, was Christien 'n "wandelede woordeboek."

Vir baie jare het ek gewonder wat van Christien en Jan geword het. Toe my pasgetroude kinders aan die Wes-Rand gaan woon het, het hulle in dieselfde kerk beland as Christien, Jan en Christien se man, Piet. Hulle drie het die twee onder hulle vlerk geneem en 'n groot rol in hul lewens gespeel. Al drie is nou nie meer met ons nie, maar sal altyd onthou word vir hoe besonders hulle was.

Die foto bo van Christien is in Februarie deur een van haar goeie vriendinne geneem. Christien het 'n baie hegte vriendekring gehad.

'n Gedenkdiens sal ná die inperking gehou word.

14.5.20

Op soek na Jac de Vries

From January 1981 to January 1985 I was First Secretary at the British Embassy in South Africa, moving between Pretoria and Cape Town with the parliamentary sessions.

I came to know, professionally and as a friend, Jac de Vries, deputy editor of Oggendblad. After my stint in South Africa my career took me back to South East Asia and Australia and I lost contact with Jac.