Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

23.9.13

Fotodag 4: As jy vrou vat, vier jy dit

Toe GERHARD BURGER in Oktober 1967 in Port Elizabeth gaan verloof raak het, het die manne van Die Vaderland se kantoor in Pretoria 'n verskoning gehad om 'n ligte geselligheid te hou; onder aanvoering van André Verster.

Buiten die foto's hieronder het Gerhard laat weet dat verskeie "informele foto's"ook geneem is. Hulle word diep in sy trommel
weggesteek, op aanbeveling van die meisie aan wie hy destyds verloof geraak het, die afgelope 45 jaar bekend as me Sandra Burger.

Die viering was in Die Vaderland se kantoor in die Constantiagebou. 


Bo is, van links: Piet (Spore) van Rooyen, Gerhard Burger, Koos (Blikkies) Blignaut, André Verster en Dirk van der Walt


Die geleentheid was 'n sukses, soos die solo-foto van Blikkies aandui.


Jan van Vreden, wat toe nog vir Dagbreek gewerk en later redakteurstatus bereik het, het ook die aanstaande verlowing met 'n knertsie gevier; in die stadium nog op sy kenmerkende waardige manier.