Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

9.7.12

Bewaarplek vir laaste uitgawes gesoek

Thys Human vra: IS daar êrens iets of iemand wat as ’n soort argief dien? Ek sit met die laaste uitgawe van Dagbreek en Sondagnuus en van Oggendblad.

Ek is besig om bietjie opruimingswerk te doen sodat daar bitter min van die goed oor sal wees as ek terugkeer na die heerlike niks waar ek miljoene jare voor my geboorte was!

’n Mens wil die goed nie sommer weggooi nie.