Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

20.7.12

Daar ís 'n verskil

Willie Buys skryf: Dit was in die vroeë jare van Die Tranvaler se oorlewingstryd met Beeld dat fotograaf Dawid Briers vanuit die skone Kaap by die redaksie aangesluit het. Dawid was toe 'n fris sportman wat uitgeblink het in rugby, maar eintlik in amateurstoei groot sukses behaal het. Op 'n dag word hy na die sportkantoor ontbied om 'n foto te neem van twee rofstoeiers wat die legendariese promotor oom Bull Hefer van oorsee ingevoer het om Suid-Afrika se plaaslike stoeitalent te kom beproef.

Rofstoei was toe 'n baie gewilde "sportsoort" hier te lande - of soos desjare se sportredakteur Peet van Staden dit beskryf het as nie 'n sport nie, maar vermaaklikheid! Van die sportjoernaliste vertel toe aan oom Bull se twee ingevoerde oorsese gorillas Dawid is 'n plaaslike stoeikampioen. Waarna die stoeiers uit ordentliklikheid daarna uitvra en Dawid ewe onnutsig antwoord: "Yes, I wrestle, you know, I do real wrestling." Amperse pandemonium en amperse moord met 'n grinnekende Dawid wat vinnig die aftog geblaas het.