Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

16.7.12

George altyd reg om te help

GERHARD KLEIJN skryf: Dankie vir die mooi storie oor George Nicholas. Ek het al dikwels gewonder of George nog aanstap. Die storie het vir my blye tyding gebring oor ’n jintelman waarvoor ek die wêreld se respek het.

In die tydperk wat ek my met die landboujoernalistiek besig gehou het, was ek bevoorreg om heel dikwels met George te doene te kry. ’n Ware heer wat altyd bereid was om ’n groentjie te help en onderhoudend oor omtrent alles kon gesels. Altyd netjies en korrek in sy optrede, maar met ’n gesonde ondeunde streep, is George.