Hanekraai, personeelblad van die APB, het in Julie 1970 soos volg berig:
![]() |
| Johann Liebenberg |
![]() |
| Willie Havenga |
Vir Johan was dit nou nie juis 'n snaaksigheid om hom anderkant die groot blouwater te begeef nie, want hy
![]() |
| Johann Liebenberg |
![]() |
| Willie Havenga |
Navrae is al ontvang oor die grootte van K’rant en die vertoning daarvan op ‘n rekenaarskerm. Die belangrikste vraag is of die letters groter gemaak kan word.![]() |
| Add caption |
AMANDA BOTHA skryf: Nou en dan kry ek die geleentheid om te besin oor my loopbaan in die joernalistiek wat oor vier dekades loop. ‘n Loopbaan wat verskeie systraatjies bewandel het, maar altyd gewortel was in dissipline van die joernalistiek. As ek terugkyk – en soms die geleentheid kry om bestek op te neem, is ek so dankbaar vir die voorreg om in so ‘n beroep te kon staan.
Die koevert hieronder het verlede week vir die eerste keer onder elke storie in K'rant verskyn. Die idee is dat lesers met een klik by 'n epos-skerm uitkom waardeur hulle 'n brief aan 'n redakteur van K'rant kan stuur.
LALA WAHL skryf: Genade, dit is tog so genotvol en meestal komies om na ons ou koerantjare teruggevoer te word!
JOE VAN BUUREN skryf: Ek sien Johann “Essie” Esterhuizen vra waar Alwyn Strydom hom deesdae bevind.
LALA WAHL skryf: Bennie Neethling se fotoversameling (klik HIER) is nou wraggies spesiaal en kosbaar!
BENNIE NEETHLINGH skryf: Die bokstoneel in die middel is ‘n foto wat ek in die vroeë jare sestig in Pretoria vir Die Transvaler geneem het. Dit was die universiteitsbokskampioenskap en die hoofgeveg van die aand.
RIKA VAN GRAAN skryf: Dis met weemoed dat ek Hans Lombard se stories gelees het. Dit het my onwillekeurig laat terugdink aan my vriendskap met hom 1972. ’n Ware en beter vriend kon geen mens voor vra nie!
In Part 1, SUZANNE BRENNER related the background to her appointment as editor of DARLING and the uproar that ensued. Accepting the position on condition she could move the magazine to Johannesburg, it came at a price she’d not really given much thought to. For some it might have been a slight inconvenience, but for Suzanne it meant overcoming a real phobia – her fear of flying.
JOHAN ESTERHUIZEN skryf: Lala se foto's van Alwyn Strydom se afskeid (wat ek jammer is ek het gemis as ek so daarna kyk) het my laat terugdink aan iets wat Alwyn gedoen het wat (waarskynlik) nog nooit in die geskiedenis van die wêreld geëwenaar is nie.
WYLE ANDRÉ (ABJ) PIENAAR se neef JACO HENNING het vir K'rant 'n klompie foto's gestuur waarop sy oom verskyn.
PHILIP DEETLEFS skryf: Piet Roos se onlangse storie (klik HIER) het my laat dink aan 'n begrafnis wat ek destyds vir Die Transvaler moes bywoon. Ek kan nie meer onthou presies waar die begrafnis was nie, maar dit was destyds groot nuus.
SUZANNE BRENNER writes: My introduction to Republican Press was a real baptism by fire. Luckily, I was not fazed by challenges, but the uproar that surrounded my appointment as editor of DARLING was nonetheless a test of endurance.
Toe GERHARD BURGER in Oktober 1967 in Port Elizabeth gaan verloof raak het, het die manne van Die Vaderland se kantoor in Pretoria 'n verskoning gehad om 'n ligte geselligheid te hou; onder aanvoering van André Verster.
FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Marshallplein was wêreldbekend as Johannesburg se polisiehoofkantoor met ‘n geskiedenis wat dekades terug strek. My eerste kennismaking met ‘n misdaadkonferensie in die historiese gebou het aan die verkeerde kant begin.
PIET ROOS het in Perskorhaan geskryf: Hulle het my vertel dat elke koerantman stories kan vertel wat voorbladnuus sou wees, maar nooit geskryf word nie. Hierdie stories het met hulleself gebeur, 
HANS LOMBAARD het verlede week vertel van sy rit in Lloyd-motor na Moskou. Dié week vertel hy van hoogtepunte wat hy in Moskou beleef het.
JUTTA KRÖGER, 'n aanvallige advertensiewerwer van Aucklandpark, het eers dertig sigarette per dag gerook. Sy het toe 'n stryd teen die gifpyle aangeknoop wat sy móés wen. Nou het sy die pyp gerook -- met ‘n pyp!
BENNIE NEETHLING, die laaste redakteur van Noordelike Stem/Northern Times op Kroonstad, skryf: Ek het heelwat staaltjies om te vertel, maar eers – my ou koerante – ek wens iemand wil dit kom haal, want indien ek doodgaan, gaan die goed waarskynlik ashoop toe, waar dit amper was.
HANS LOMBARD het in April in K'rant geskryf oor die aanvang van sy rit in 1958 van Bremen, Duitsland na Moskou met 'n klein Lloyd-motor. Klik HIER om dit te lees. (‘n Reeks artikels het einde 1958 in Die Vaderland verskyn.)
PEET SIMONIS skryf: Dit was 'n herfsaand - 13 Maart 1967 - toe ‘n Viscount-vliegtuig van die SA Lugdiens die lug laag oor hulle huis by Kayserstrand naby Oos-Londen geskeer het. Die 73-jarige mnr Mike Ford het vir sy vrou geskree om te kom kyk. Sy was betyds om met verbasing saam met hom die vliegtuig se roterende rooi lig te sien verdwyn agter die donker buitelyne van die boomplantasie wat hulle aftreehuisie se uitsig na die see versper.
WILLIE BUYS skryf: Frikkie van der Walt, deurwinterde en veelsydige joernalis, se skrywe anderdag waarin Otto Krause en Hennie Kotze albei gefigureer het, het allerlei herinneringe by my wakker gemaak. In wyle Hennie se geval het dit my teruggeruk na my vormingsjare as joernalis by ook wyle Die Transvaler.
FRIKKIE VAN DER WALT skryf: In die jare sestig het ‘n voornemende joernalis se loopbaan in Die Transvaler se telekskantoor as papierskeurder begin. Anders het jy handgeskrewe briewe oorgetik of in die biblioteek beland waar jy elke dag se berigte uitgeknip en op A4-blaaie vasgeplak het. Dis volgens ‘n onderwerp soos boks, stoei, politiek, misdaad, hoofartikels, ens geliasseer. Dieselfde geld vir foto’s. Onderskrifte is uitgeknip en agter op foto’s geplak waarna dit ook
JOHAN VAN WYK skryf: Doer in 1984, met Suid-Afrika in die middel van amperse totale sportisolasie, roep Wimpie de Klerk my eendag na sy Rapport-redakteurskantoor.
PIET EBERSöHN skryf: Toe ek nou die dag weer Philip Deetlefs se storie oor die rugbywedstryd tussen Polisie en Wits lees, met sy verwysing na die linkse en antichristelike Witsies (lees hier), dink ek aan ons buurman in Westdene, waar ek en Philip en Wilma in ‘n huis gebly het. Johnny Holloway was as faktotum aan die Universiteit van die Witwatersrand verbonde en – hou vas – die voorsitter van die HNP-tak op die kampus.
CHARL THOM skryf: Een van my eerste (en naarste) onthoubare ervarings as joernalis was in my heel eerste pos by die SAUK se nuuskantoor in Durban. Ek is sommer dadelik in die diep kant ingegooi op die misdaad-‘beat’. (As daar dalk ‘n goeie Afrikaanse woord is vir ‘beat’ het ek nog nie daarvan gehoor nie.)
HEINE TOERIEN, Perskor se publtsiteitsman, het onlangs die draaiboeke vir twee kort advertensierolprente, een vir Die Transvaler en die ander vir Die Vaderland, voorberei, die dienste van 'n filmmaatskappy bekom, en toe 'n bietjie agter die kamera's en goeters ingespring om die skietwerk af te handel. Hierdie films is in Maart 1975 uitgereik en word in inryteaters en in 'n paar stadsteaters aan die Witwatersrand vertoon.
GERHARD BURGER skryf na aanleiding van Willie Buys se vraag “Hoekom is hy Horse”?: Harry het moontlik sy bynaam gekry van 'n karakter in Damon Runyon se boeke. Miskien het die welbelese Willie Roux iets daarmee te doen gehad; of Phil Zaayman, wat ook 'n aanhanger van Runyon was.
Die gewese Voortrekkerpers- en Dagbreekpersjoernalis, GERT LE ROUX, wat onlangs op 78 in Pretoria aan hart- en longmoeilikheid oorlede is, het as administrateur, statistikus en joernalis diep spore in Suid-Afrikaanse atletiek getrap.
WILLIE BUYS skryf: Dit was kort nadat ek my eerste amalgamasie van koerante (Dagbreek en Sondagnuus en Die Beeld) beleef het en by die destydse middagblad Die Vaderland ingedeel is in die nadraai van dié samesmelting. Die toentertydse nuusredakteur van Die Vaderland, die immergewilde Frans du Toit, nou saliger, het my op ‘n keer ingeroep en opdrag gegee om verslag te gaan doen oor een van die grootste stories van my lang loopbaan.
BENNIE NEETHLING, oudredakteur van Noordelike Stem/Northern Times op Kroonstad en gewese redaksielid van Die Noord-Transvaler op Pietersburg (nou Polokwane) skryf: Die Noord-Transvaler het iewers in die jare sestig ‘n hele sewe konkas petrol aan die destydse Rhodesië (nou Zimbabwe) geskenk. Oom Hennie de Klerk, ‘n direkteur van die maatskappy en voorsteller van die idee, en die koerant se verslaggewingspan, bestaande uit Neels Steenekamp,
Met JASPER SCHELLINGERHOUT, hoofsub van Die Vaderland, se vertrek in Mei 1977 na Port Elizabeth waar hy as streekredakteur van Die Landbouweekblad aangestel is, het hy 'n groet van sy kollegas gekry wat hy en vroulief, Christel, nie maklik sal vergeet nie. Toe dié egpaar ná werk tuiskom, was die mure rondom hul huis met tientalle Vaderland-plakkate beplak.
PEET SIMONIS skryf: Herman le Roux se mooi storie oor ons ou mater Neil Steyn (mater is Neil se woord), het ek baie geniet. Ek en Neil was dieselfde jaar in matriek in dieselde skool in Bloemfontein en ek en Herman het saam by Volksblad gewerk vir ses jaar ... lekker jare.