Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

4.10.13

Hans verras Rika in Luanda

RIKA VAN GRAAN skryf: Dis met weemoed dat ek Hans Lombard se stories gelees het. Dit het my onwillekeurig laat terugdink aan my vriendskap met hom 1972. ’n Ware en beter vriend kon geen mens voor vra nie!

Toe Marius Jooste besluit het om my Engeland toe te stuur vir mediese ondersoeke by Newcastle-on-Tyne was dit Hans wat my bearbei het
om die kans waar te neem. Destyds was almal só positief dat iets vir my gedoen sou kon word.

Hans Lombard
Hans het selfs aangebied om my te vergesel. Hy sou werk in Londen gaan doen. Hy is voor die tyd oor en het teruggekom om my te kom haal, maar sy tydsberekening was 'n bietjie verkeerd. Hy moes ’n dag voor my terugvlieg na Londen.

My spesialis van Pretoria, dr HP van der Merwe het my vergesel.

Wat was my verbasing groot toe ons op Luanda in Angola land en ’n pragtige blonde lugwaardin oorhandig ’n bottel sjampanje aan my wat Hans haar laat belowe het om met sy goeie wense vir my te gee .

Ons het mekaar nie in Engeland raakgeloop nie. Hy was besig in Londen en die dokters was besig met my. Ons het in Suid-Afrika weer ontmoet. Maar ek moet sê ’n goeie vriend se waarde is ver meer werd as al die rykdom van die wereld!

Ek is bly om te sien Hans is nog fris en gesond. Ek hoop daar lê vir hom en Margaret nog baie gelukkige jare saam voor.