Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

10.10.13

Groter of kleiner

Navrae is al ontvang oor die grootte van K’rant en die vertoning daarvan op ‘n rekenaarskerm. Die belangrikste vraag is of die letters groter gemaak kan word.

Die antwoord is: ja. Druk en hou die “control-”knoppie (Ctrl, links onder op die sleutelbord) in en druk terselfdertyd die “+” of “-“ knoppie. Die inhoud op die skerm sal onderskeidelik groter of kleiner word. Die werk met enige webtuiste.

'n Ander metode is om "Ctrl" in te hou en die wielietjie van jou muis (as joune een het) vorentoe of agtertoe te draai.