Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

8.10.13

Ou Vaderlandberigte gevra

ELOISE PIETERSE van Pretoria skryf: Ek het op julle webtuiste afgekom, want ek soek ‘n spesiale geskenk vir my pa, Johann Pieterse, destydse verslaggewer in die sportafdeling. Hy het onder andere fietsry vir Die Vaderland gedek. Hy bly steeds in Pretoria en werk as die maatskappysekretaris vir die JD Group. Ek dink hy mis elke dag nog die koerantdae.

Ek wonder of julle my dalk kan help. Ek is op soek na ou artikels wat my pa geskryf het. Ek wil dit baie graag vir hom raam en gee as ‘n geskenk aangesien skryf nog altyd sy eerste liefde was en sal bly.

Laat weet gerus of julle kan help. Ek sal dit ongelooflik baie waardeer!

(Iemand wat kan help, kan regstreeks met Eloise by 082 379 5121 of eloise.pieterse@investec.co.za in verbinding tree. – Red.)