Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

8.10.13

Bietjie-bietjies, maar kort-kort

Die koevert hieronder het verlede week vir die eerste keer onder elke storie in K'rant verskyn.  Die idee is dat lesers met een klik by 'n epos-skerm uitkom waardeur hulle 'n brief aan 'n redakteur van K'rant kan stuur.

Lala Wahl het die voortou geneem en gou-gou drie briewe gestuur.  Kortetjies.  Dis wat ons vra.  Bietjies-bietjies,  maar kort-kort en kort, kort.  Dit

neem net 'n minuut of twee om 'n ietsie se skryf en die "send"-knoppie te klik.  Langer ook, maak nie saak nie.

Lala en enkele ander se briewe volg op hierdie berig. Volg hul voorbeeld en maak K'rant 'n lekkerder kuierplek as wat hy reeds is.