Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

8.10.13

Genade, die genot!

LALA WAHL skryf: Genade, dit is tog so genotvol en meestal komies om na ons ou koerantjare teruggevoer te word!

ssie, dankie vir die herinnering aan die "Alewyn-bedanking". Ek het nooit die hele relaas gehoor nie, al het Wyn nog soms by ons in Kemptonpark kom kuier.

'n Segding van hom, ook net ná een OBS te veel, wat my steeds laat skater, was "my sussie is so vrugbaar, as jy haar groottoon afsny, groei dit dadelik weer aan".

My eie vertrek by DT as misdaadverslaggewer was ook heel kontroversieël, maar dis 'n anderdag-storie!

Ek stuur 'n foto saam wat K'rant dalk kan gebruik. Agter my (links onder) sit 'n Amerikaanse beroepsgholfspeler wat destyds aan die Sonskynreeks deelgeneem het, agter langs hom Wyn, Bushie (Johann van Loggerenberg), Frans Scheepers en Johann Pieterse agter ABJ (André Pienaar).