Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

8.10.13

Hier’s Alwyn en Garies

JOE VAN BUUREN skryf: Ek sien Johann “Essie” Esterhuizen vra waar Alwyn Strydom hom deesdae bevind.

Alwyn het met die verloop van tyd die joernalstiek verlaat en hom in die invoer/uitvoer -bedryf gevestig. Hy het intussen die tuig neergelê en woon tans op Kemptonpark.

Andries “Garies” van Zyl het ook in die jongste tyd ‘n paar keer in K’rant gepryk, al het hy nooit by Perskor gewerk nie.

Soos talle kollegas waarskynlik weet, werk hy by Moneyweb en bied hy Geldsake smiddae op RSG aan. Hy was ook die afgelope 14 weke in ‘n TV-program oor geldsake op KykNet te sien.

Weens werkvereistes woon Garies in die week by my en naweke ry hy na sy huis en gesin in Potchefstroom.

Andries van Zyl