ZELDA VENTER skryf: Toe K'rant my uit die bloute kontak om te vra of ek iets uit my dae by Perskor kan deel, was ek ietwat onkant betrap. Nie dat ek ooit my eerste werkgewer sal vergeet nie, maar dit voel soos 'n leeftyd gelede.Ek moes mooi dink saam met wie ek gewerk het en wanneer. Maar toe ek eers sit en dink, het ek al die gesigte in herinnering geroep - en natuurlik, hoe kon ek ooit die gebou in Pretoria-Wes vergeet!? Dit was die begin van baie gelukkig jare.




































