Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

23.4.14

† Jan Syfert oorlede

JAN SYFERT, ‘n gewese hoofsubredakteur van Dagbreek en lank ‘n joernalis by Die Vaderland in Aucklandpark, is gisteroggend vroeg (22 April) oorlede, het Hans Lombard laat weet. Hy is ‘n hele paar jaar gelede met kanker gediagnoseer.

Hy word more om 10:00 uit die kapel van Martinsbegrafnisondernemers, Ontdekkersweg 564, Florida, begrawe.

Jan, wat later skakelbeampte van die Nasionale Produktiwiteitsinstituut (NPI) was, het gereeld die Perskorreünies bygewoon, maar sy siekte het hom vanjaar die eerste keer in baie jare daar weggehou.

Sy vrou is enkele jare gelede oorlede.

As iemand met die familie wil simpatiseer, een van sy dogters, Liesel, se selfoonnommer is 076 280 1548 en haar e-posadres lieselbarnard@gmail.com.