Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

20.3.14

Speedy vies vir Neil Diamond

PIETER KRUGER skryf: Toe ek Stella Niemand se beriggie oor Neil Diamond lees, dink aan terug aan Chris Vermeulen.

Chris, oftewel Speedy soos hy algemeen bekend gestaan het, was werksaam in die Vaderland se sportkantoor.

Leendert Pieterse was die sportredakteur en om spangees te bou, het
ons eenmaal ‘n maand by ‘n kollega (Leendert, ekke, Tobie Mostert, Malinda Miller, Louis Nieuwoudt, Johan Claassen, Brian Schmidt en Speedy) gaan eet.

Neil Diamond
Die aand by Speedy-hulle pluk hy ‘n kitaar uit en tokkel ‘n paar deuntjies. Neil Diamond was sy gunsteling. Crackling Rosie, I am I said en Longfellow Serenade nog nooit só geklink het nie, klink ons ‘n hele paar enetjies met eisj op Speedy.
en hoewel

“Ek’s vies vir Neil Diamond,” seg Speedy.

“Hoekom,” wou ons weet.

“Ek het ‘n briefie aan hom geskryf, ‘n paar van my liedjies se woorde neergepen, maar hy het hom nie eens verwerdig om my antwoord nie.”

Na ‘n rukkie vra Malinda. “In watter taal?”.

“Afrikaans natuurlik.”