Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

14.4.14

Fotodag 25: Daar was 40 000 doopouers!

Eerste uitgawe:
1 November 1972
http://www.youtube.com/watch?v=X-oAPZV9A5g
Laaste uitgawe:
19 Februarie 1983
Perskor gaan die lewe skenk aan 'n nuwe baba. "Ginekoloë" voorspel met sekerheid dat hy op 1 November met 'n harde skreegeluid in Pretoria sy verskyning gaan maak.

Die bestuur het 'n wedstryd uitgeskryf om aan ons jongste suigeling 'n gepaste naam te gee. Meer as veertig
duisend inskrywings van honderde doopouers is ontvang.  (Foto's links en regs bo:  erkenning aan Mediamense.)
En wanneer die eerste drukkersink op 1 November oor sy voorhofie loop, sal daar Oggendblad op sy mashoof staan. Die naam is gekies deur die redakteurs van ons vier dagblaaie.



Dae lank het talle vroue van die tweede verdieping aan al die oorspronklike name gesorteer. Vir dié doel van hierdie storie noem ons hulle maar vroedvroue. Aan die hoof was “suster" Miriam van der Colff (bo). Dae lank is daar geswoeg en gesweet om al die inskrywings goed deur te kyk vir die wennaam-inskrywing.

September 1972
Oggendblad sal Perskor se aantal dagblaaie op vier te staan bring. Daar is natuurlik reeds Die Vaderland, Die Transvaler en Hoofstad, Pretoria se eie middagblad.