Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

8.5.14

Ope Vraag 6: Seëning of skade?

PHILIP DEETLEFS skryf: Ek lees nou die dag ´n stuk oor verslaggewers wat indiens-opleiding kry. Hulle word gevra wat die belangrikste vraag is wat hulle iemand kan vra met wie hulle 'n onderhoud voer.

Die beste antwoord? Vra die persoon aan die einde van jou onderhoud watter vrae jy nagelaat het om hom of haar te vra.

Dit word geag die beste vraag te wees wat 'n verslaggewer vir iemand ná die onderhoud kan vra en ons stem
saam.

Hierdie week se Ope Vraag is: Was Perskor se ondergang by nabetragting eintlik 'n bedekte seën of het die Suid-Afrikaanse perswese daardeur skade gely?

Ons hoor graag wat elkeen van julle dink!