Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

7.5.14

Verkiesingsdag 44 jaar gelede

Dis vandag verkiesing in Suid-Afrika.

Hieronder is twee "geskiedkundige" foto’s uit KARIN PRETORIUS se foto-album met die verkiesing van 22 April 1970 -- 44 jaar gelede! 

Vir inligting oor Suid-Afrika se verkiesings sedert 1910 klik HIER.

Só is Die Transvaler se verkiesingsboekie sowat 'n week voor die algemene verkiesing in 1970 bemark. Alan Lipschitz het die foto geneem.  Waar is hy in die wereld?




Ons het dwarsdeur die nag tydens die verkiesing gewerk en hier, namate die uitslae oor die radio aangekondig is – wie sal ooit die geblieb-blieb-blieb vergeet? – het ek die inligting op die bord geskryf.

(Karin was daaroor begaan dat haar foto te veel in K'rant verskyn en dat ook te veel van haar stories in 'n kort tydperk geplaas word. Dis niks om oor bekommerd te wees nie, Karin.  Gereelde bydraers hou K'rant aan die gang.  Dankie daarvoor. Mag ander jou voorbeeld volg sodat ons K'rant aan die lewe kan hou.  -- Red.)