JOAN KRUGER het 43 jaar gelede, toe baie van ons nog baie skuld gehad het, geskryf: Blameer Perskor vir die oes aan vensterkoevertjies wat u elke maand in u posbus kry. Gee Perskor maar ronduit die skuld, want dit is niemand anders nie as Perskor wat vir die druk van miljoene vensterkoeverte verantwoordelik is.
In Ophirton, tussen mynhope en padboumasjinerie, staan nog een van Perskor se spruite, die koevertfabriek, Temco. Dis hier waar maandeliks vyftien miljoen koeverte van alle slag en soort gedruk word.Die fabriek is waarskynlik die grootste van sy soort in die land. Koeverte word hier gedruk vir die staatsdiens, vir die provinsiale administrasie, vir banke, versekeringsmaatskappye en vir groot kettingwinkels, asook vir die uitgewers van tydskrifte.
As jy dalk dink dat koeverte maar net wit reghoeke is, help hy jou baie gou reg.
Vir die Kerstyd druk hulle pragtige kleurryke koeverte wat deur instansies soos groot winkels aan hul klante gestuur word.
Temco bestaan al ongeveer 37 jaar, en het onlangs 'n nuwe hoofbestuurder in die persoon van mnr Jan Victor gekry.

