Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

5.5.14

Fotodag 27: Die Vaderland se langasems oor 50km

RIA RABIE het drie foto's wat die spangees destydse by Die Vaderland mooi illustreer, gestuur.  

PIETER KRUGER verduidelik wat op die dag gebeur het.  Hy skryf:  Ek kan nie onthou presies wanneer dit was nie, maar dit was ´n groot uitdaag-spanaflos waar maatskappye die media uitgedaag het vir 'n aflosmarathon. Die wedloop was oor 50 km tussen Springs en Johannesburg.

Harald Pakendorf het ook deelgeneem want hy moes die bestuur se arm draai om ons kleure en inskrywingsgeld te borg. Ons plan was om vir Kobus Schoeman, wie se pa Hendrik by die sirkulasie-afdeling betrokke was, te laat wegspring.

Kobus was ´n baie goeie atleet wat Junior Springbokkleure in die 800 meter en 1 500 meter verwerf het. Kobus moes drie bene (15 km) hardloop en dan hopelik vir almal weghardloop. Ongelukkig moes hy vir Jerry die bode die stok aangee en Jerry het hom nie geken nie. So het ons ons eerste plek ingeboet. Ons het nietemin tweede in die media-afdeling gekom.

Tobie Mostert pas nadat hy sy skof  van die aflosmarathon voltooi het.

Agter van links: Harald Pakendorf, Piet Kruger, Jerry en Johan Claassen.
Voor van links: Kobus Schoeman en langs hom is Leon Bonthuys.

Piet Kruger lekker uitasem ná hy sy skof votooi het.

Ander deelnemers wat ongelukkig nie op die foto´s is nie was Ria Rabie en Magda Botha wat albei baie fiks was saam met Mariska Spoormaker en Chris Vermeulen.