Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

31.3.14

Fotodag 24: Jooste met nuwe motor in ongeluk

DIE besturende direkteur van Perskor, mnr Marius Jooste, en sy eggenote, mev MH Jooste, was onlangs in 'n motorongeluk naby Witkoppen betrokke.

Mev Jooste is met 'n heupbesering en veelvuldige kneusplekke in die Edenvalehospitaal opgeneem. Mnr Jooste is, ná behandeling ontslaan.
Die volgende dag, ná behandeling, is mev Jooste toegelaat om huis toe te gaan.

Perskorhaan, Desember 1973
Die ongeluk het omstreeks elfuur die aand gebeur toe mnr en mev Jooste en hul Bantoemotorbestuurder op pad van Pretoria terug na Johannesburg was.

By 'n stopstraat het 'n ander motor teen hulle gebots. Die bestuurder van die ander voertuig is met kopbeserings in die hospitaal opgeneem.

Vroeër die aand het mnr en mev Jooste die verjaardagpartytjie van hul seun, mnr NJ (Klasie) Jooste, in Pretoria bygewoon. Hierbo kan die erg beskadigde motor wat nie lank gelede nie aangekoop is, gesien word.