Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

26.3.14

Joernaliste is veelsydig en ondernemend

PIET EBERSöHN skryf: Lank, lank gelede die uiteenlopende beroepe wat joernaliste voor en na hul skof in die soutmyne gevolg het. En dan praat ons nie van logiese uitvloeisels soos skrywers, taalpraktisyns, uitgewers en skakelbeamptes nie.

Suzelle Fourie het vertel van haar avontuur as onderwyseres in China, Piet Roodt van syne in die mikroleningsbedryf, Lizette Bruwer het
geskryf oor haar onderneming wat advertensieborde vervaardig, en Thijs Nel oor sy lewe as beroepskunstenaar.

Onder is ‘n lysie waaraan ek so vining kan dink. Voeg gerus by. En skryf vir K’rant oor jul loopbane voor en ná Perskor.

Johan Wagner
Arina Böhler
• Dis nogal vreemd hoeveel die museumbedryf gekies het. Arthur Barlow het die museum by Botshabelo bedryf en Johan Wagner VW se museum in Uitenhage. Wyle Vernon Marais was kurator van die Van Wyk Louw-museum op Sutherland. Johan Kloppers het by die lugmagmuseum gewerk (en het met skroot handel gedryf toe ek laas met hom gesels het).
• Annette Barnard het glo ‘n visfabriek aan die Kaapse Suidkus bedryf, maar ek weet nie waar nie.
• Arina Böhler en Fred de Lange het die IT-bedryf betree. Bosman Olivier ontwerp webwerwe.
Yvonne Clemen
Koos Botha
• Wyle Gert le Roux het sekretaris van die SA atletiekvereniging geword, en Chris Botes sy assistent.
• Koos Botha vervaardig meubels.
• Marlene Carstens bedryf Dance for All in die Kaap. Die ou Kruik-ballet.
• Yvonne Clemen was/is in die gesondheidsbedryf.
• Piet Coetzer het parlemenstlid geword en bedryf ‘n plasingsagentskap vir dokters oorsee asook ‘n onderneming wat huise skoonmaak.
• Arrie de Beer, Gert van Rooyen, Koos Roelofse het dosente/professore geword. Johann de Jager en Lucas Oosthuizen ook.
August du Preez
Nic Kruger
• August du Preez bedryf sy plaasvakansiesaak.
• John du Toit was prokureur en het al saam met joernaliswees geboer. Nic Kruger is ‘n wildsboer in Namibië. Wessel Naudé boer by Kaapsche Hoop en as ek reg gehoor het, het hy in ‘n stadium sy eie myn besit.
• Sy vrou, Ira, bedryf ‘n gastehuis (en sielkundepraktyk), Salomé Odendaal ook, en sover ek weet Nato Barnard en Mariëtte Crafford ook. Heléne du Plessis en Helena (Krummel) Malan het dit ook gedoen.
• Johan (Essie) Esterhuizen het huise herstel en teen ‘n wins verkoop en deeltyds geboer.
• Hennie Heymans was polisieman voor hy koerantman geword het. Was Chris Swanepoel nie ‘n diamantspeurder nie?
David Meades
• Magnus Heystek, David Meades en Philip Deetlefs is finansiële adviseurs.
Kobie Breedt
• Johann Pieterse is maatskappysekretaris by ‘n bekande landwye meubelsaak.
• Marius Janssonius het hotelbaas geword. Wyle Jaap de Bruyn ook.
• Judy Kern is sakevrou en het Willie ‘n storie belowe.
• Francois Koch is predikant (nes Jasper Schellingerhout, Kobie Breedt en wyle Vernon Marais). En Peet Simonis evangelis. Peet se kombinasie van sy boubedrywighede met die joernalistiek is ook welbekend.
• Berna Kriel bedryf ‘n personeelagentskap.
Lala  Malan
• Frank Laubscher het gebouebestuurder en hoof van sekuriteit by Caxton geword.
Karin Pretorius
• Danie Malan is in militêre inligting iewers in die warm wêreld.
• Lala Malan is 'n eiendomsagent. Loekie Coetzee ook. En Hannes Schoeman. En Maurice Pieterse. En Karin Pretorius.
• Theo Malherbe is ‘n diplomaat in Mexico.
• Elma Potgieter – aktrise, soos ook Jakkie Groenewald is en wyle André Verster was.
• Martin Jansen is ‘n radio-omroeper.
• Frans Roodt en Hennie Venter het die konstruksiebedryf betree, en wyle André van der Kooy en Manie Wolvaart het eiendomsontwikkelaars geword.
Martin Jansen
• Wyle Gert Swiegers het ‘n handelaar in seëls, ou munte en medaljes geword.
Robert
van der Kooy
• Eddie van Andel het Eskom se pensioenfonds help bedryf.
• Robbert van der Kooy bedryf ‘n skool.
• Rika van Graan het ‘n huis vir gestremdes bestuur.
• Pieter van Niekerk is ‘n binneversierder.

• Wilma Deetlefs het ‘n staatsdienskommissaris in Namibië geword. K’rant het haar arm gedraai om haar storie te vertel en dit verskyn more.

K’rant vertrou dit sal ander oudkollegas aanspoor om te vertel van die uiteenlopende maniere waarop hulle hul daaglikse brood verdien. Dink net watter lekker stories lê hierin opgesluit