Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

24.4.13

Koos en Louis se humor vermaak steeds

CHARL THOM skryf: So oor die jare het ek die voorreg gehad om met heelparty koerantmense saam te werk wat oor ‘n vinnige en baie skerp humorsin beskik het.

Twee van hulle was Koos (Koos Doep) du Plessis wat saam met my by die destydse Nataller gewerk het en Louis Mabille wat ‘n kollega was eers by Die Vaderland en later by die Kamer van Mynwese se Mynblad.

23.4.13

A-a-n-g-e-name k-e-n-n-i-s: Tom Buys-styl

'n Nuusredakteur, so word verklaar, moet sy personeel ken - as 't ware één wees met hulle. Nou ja, soos dit 'n goeie nuusredakteur betaam, sien, het Tom Buys, die groot nuuskokkedoor van Die Vaderland, bewyse gelewer dat hy nie agter in die ry wil staan as hy sy personeel wil ken nie, is berig in

22.4.13

Toe “spark” Ghriespomp beter as 60 ander ouens

EVERT VAN NIEKERK, die destydse motorredakteur van die Die Vaderland, is in 1970 as Motorskrywer van die Jaar aangewys. Die Vereniging van Motorskrywers het hom uit 61 inskrywings die beste geag.

In Hanekraai van Augustus 1970 het kollega Suzelle du Preez (toe
was sy nog ongetroud en het later Fourie geword) haar indrukke van Evert weergegee. Evert het ook ‘n storie oor sy ervarings geskryf.

19.4.13

Landstem "scoop" wêreld met "man op Mars, Venus"

PIET EBERSÓHN skryf: DIE LANDSTEM is in 1950 deur die legendariese koerantman Piet Beukes op die been gebring en is in 1967 deur Dagbreektrust gekoop om so in die stal van die latere Perskor te beland.

Die blad het uit die staanspoor die aandag met sy onkonvensionele aanslag getrek.

18.4.13

Tandestorie ontstig oom Hennie dubbeld

PIET ROODT skryf: Terwyl ek Willie Buys se herinneringe oor Rika van Graan lees, toe onthou ek van die storie van die tande.

Ek was ’n jong verslaggewer by Die Transvaler. Oom Hennie Kotzé (destyds het ons hulle nog ge-oom!) was in die stoel, toe my kontakte by die Johannesburgse Staatslykshuis my met 'n storie bel wat ek aanvanklik nie wou glo nie. Maar toe die manne aanmekaar giggel ...

17.4.13

Gabriel Maphalala: skets deur Len Lindeque

K'rant het al 'n paar keer oor Gabriel Maphalla berig.  Lees hier en hier.

Onderstaande skets van Len Lindeque het in Februarie 1974 in Perskorhaan verskyn.

K'rant sal van tyd tot tyd sketse van Len wat in Perskorhaan verskyn

Hoe ry Philip trap-trap so!

WILMA DEETLEFS skryf: In reaksie op Philip Deetlefs en Willie Buys se motorfiets-ervaring op die tuinroete en verder suid (lees hier), moet ek darem ook ‘n eiertjie lê. Ek was mos darem een van die passasiers.

Die pad was lank en ons het werklik wind en weer getrotseer op ons omswerwinge. Dit was 1979 en ons het elkeen ‘n begroting van R100

16.4.13

Die afgestorwenes kry altyd eer, maar Tom Buys het syne verdien!

WILLIE BUYS skryf: Oorlede Thomas Alexander Buys was ‘n gewilde joernalis en mens onder sy eertydse kollegas. Dit was destyds ‘n groot tragedie dat hy aan die lewe ontruk is terwyl hy soveel potensiaal op joernalistieke gebied, skryfwerk en uitstekende personeelhantering as nuusredakteur van die destydse Die Vaderland gehad het wat nog by verre nie ten volle

15.4.13

Proefleser was oom Kobie van die “Du Plooys van Soetmelksvlei”

Net so tuis voor die mikrofoon as voor die rol- prentkameras. Dit is Pieter Hauptfleisch, 'n man van vele bekwaamhede -- veteraan-akteur, radiopersoonlikheid van faam, verhoogster en ook vertaler, setter en proefleser by die APB in Aucklandpark.

Om in 25 rolprente te speel, talle radioverhale en dramas, elke nou en

12.4.13

‘Kan jy daai woord ooit spel?’

FRANS ESTERHUYSE, gewese spotprentkunstenaar van Oggendblad, Hoofstad, Die Transvaler en Die Vaderland, skryf: Ek stap in die gang af. Elke koerant het ‘n gang waarin jy moet stap. Dis hoe koerante werk. Tikmasjiene kletter links en regs en fotograwe skarrel heen en weer. Die nuusredakteur skree uit die nuuskantoor. Dis hoe koerante werk!

Perskor in Pretoria het sy eie karakters gehad met wie jy moes saamwerk. Ek onthou hulle: Harald en Herman, dis nou Pakendorf en Snyman, Koos Liebenberg, Koos Doep, wat later gesing het, nes Lucas Maree wat’n fotograaf by Oggendblad en ewe bekend was.

My gedagtes maak ‘n sprong na die verlede.

11.4.13

Merkwaardige Niki het dinge op háár manier gedoen

Oudkollega Leoni Benghiat (regs) het K’rant laat weet dat nog ‘n gewese Vaderlandkollega,

NIKI WESSELS (links), op Vrydag, 5 April 2013, oorlede is. 

“Niki se kanker was uitsonderlik aggressief en dwarsdeur haar liggaam versprei en die laaste paar weke kon sy ook glad nie meer self loop nie. En tog het sy haar humorsin deur dit alles behou! Merkwaardige mens gewees!”

Tom vriend eerder as baas

PIET ROOS skryf na aanleiding van Willie Buys se huldeblyk aan sy broer Tom: Aai Willie, ek en Marieta is getroud op 27 Julie 1974 en is toe ‘n maand lank Europa toe vir die wittebrood. Toe ons terugkom, was Tom in die Princess-verpleeginrigting, 'n private hospitaal in Hillbrow. Ons was by sy hospitaalbed en ons kon nie glo wat ons sien nie.

10.4.13

Hans speel ’n werk met vuurhoutjies los

K’rant het HANS LOMBARD, gewese joernalis van Die Transvaler, Die Vaderland en SA Financial Gazette gevra om van sy veelbewoë loopbaan te vertel. Hans skryf: Hoe het ek by Die Vaderland beland, vra iemand my onlangs.

Dit was vroeg in 1956. Ek het pas by Die Transvaler bedank en ‘n pos aanvaar as redakteur van ‘n publikasie in wording, “Wie is Wie in

9.4.13

Die lewe en tye van ’n vroeggestorwe joernalistieke uitskieter

WILLIE BUYS skryf oor sy broer, Tom, wat in 1974 aan 'n uiters rare siekte dood is.

Hulle was toe altwee nuusredakteurs – Tom van Die Vaderland en Willie van Die Transvaler.

“♪ For everything there is a season, a time to be born, a time to die … .♪”

8.4.13

'n Handvol briewe

Misdaadversoek was g’n fout nie

PEET SIMONIS skryf: Haai Rika, lekker om van jou in K’rant te lees. Het jy sowaar 26 jaar lank aangehou? En jy skryf nog net so lekker. Ja, dit was nie 'n fout om jou te vra om misdaad te "doen" by die ou Die Transvaler nie. Misdaad was ook een van my rondes by Die Volksblad voor ek Afrikaanse Pers toe is, later Perskor. So, ek ken ook polisiemanne taamlik goed. Baie van hulle was puik mense wat geweet het om sake met die kop te ondersoek. Dié dat hulle 'n meisie van hoge integriteit soos jy - en ook van warme menslikheid - kon waardeer. Jy het nie net goeie stories by hulle gekry nie, jy het ook baie vir hulle gegee - raad, vriendskap en altyd 'n glimlag, al was jou fisieke omstandighede met die spierdistrofie nie maklik nie en het dit al moeiliker geword. Geluk met jou uitstekende werk. Hier is 'n drukkie vir jou.

5.4.13

Niki Wessels oorlede

Oud-kollega Niki Wessels is vanoggend (Vrydag, 5 April) oorlede. Besonderhede volg.

John du Toit is ’n minsame kêrel met ’n sagte hart

HERMAN LE ROUX, gewese sportredakteur van Die Volksblad en Beeld, skryf: Kyk na John du Toit se blomkoolore, waarna Peet Simonis in ‘n vroeër artikel oor hom so treffend verwys (lees hier), en jy besef hier is ‘n man wat baie stampe en stote op die rugbyveld verduur het. Skud blad met hom en jy weet daardie hande is ook dié van ‘n boer wat kan draad span en trekkers herstel.

4.4.13

Benoni-trein ontspoor Rooi vuurpyle

RIKA VAN GRAAN skryf: Met my begin by The Citizen was dit ’n groot aanpassing!

Dit was op 1 Augustus 1976. Mense, dit was my eerste kennismaking met die sogenaamde “Fleet Street reporters”. Wat ’n pyn was hulle nie!

Hulle kon nie ’n woord Afrikaans verstaan nie en moes my help om my

3.4.13

’n Varkboud vir die vrede

WILMA (RUDMAN) DEETLEFS, gewese verslaggewer van Die Transvaler, skryf: Dit was in die laat jare sewentig toe ek, Piet Ebersöhn en Philip Deetlefs ‘n huis in Westdene gedeel het. Dit was ‘n baie gawe reëling, want nou kon ek ‘n hond aanhou en Piet en Philip kon vleis braai soveel soos hul harte begeer.

Om vaste grond onder die voete te hê, was veral lekker nadat ons etlike

2.4.13

Die Mitchelstraatse Mannekoor

GERHARD KLEIJN skryf: Ek weet oorle ou Etienne wou nog iets hieroor sê en ek self bly ‘n paar skrywes skuldig. Ek hef dus aan met ‘n ietse oor ‘n baie spesiale klomp ouens uit ‘n baie spesiale tydperk in my lewe.

Wie dit presies was wat die eerste keer die naam ‘Mitchelstraat Mannekoor’ aan ons klompie kuiergatte toegedig het, kan ek nie met sekerheid sê nie.

Dit kon enige een van ‘n kerngroepie Oggendbladters gewees het wat geesdriftig meegedoen het aan die gereelde sing-en-suip-sessies in die ná-nagure, verby saktyd.

29.3.13

Reünies raak al hoe lekkerder

PEET SIMONIS berig: Die jaarlikse reünies van ons Perskor-lot word al hoe lekkerder. Dié keer in Johannesburg het die eerstes al voor elf opgedaag by die eetplek wat Hans Lombard gereël het en eers teen vieruur het ons aan huis toe gaan begin dink. Daar was ’n stuk of vyftig van ons bymekaar.

28.3.13

In Hillbrow se veilige vestes

PIET EBERSöHN skryf: Ek weet van meer as Gert van Rooyen wat ‘n veilige veste in Hillbrow gevind of probeer vind het.

Eerstens laat dit my dink aan die naloop van ‘n baie suksesvolle viering van een van Dave Viljoen se verjaardae by die destydse Porterhouse-restaurant – bottel Viekerie en al. Die kollegas wat die avontuur met my gedeel het, kan dit nie meer onthou nie, dus noem ek hulle maar

27.3.13

Oom Sarel bring ’n basiese lessie tuis

FRIK VAN DER WALT, gewese nagredakteur van Die Transvaler, skryf: Die Vaderland se nuusredakteur in my beginnerdae daar, Sarel van der Walt, was ‘n deurwinterde joernalis met ‘n landwye netwerk kontakte.

Hy het so ‘n groot swart boek met kontaknommers gehad. Elke kontak het sy eie bladsy gehad met die kontakpersoon se naam en

26.3.13

Oor saktye en taai tjops

PHILIP DEETLEFS skryf: Saktye is die olie waarop die koerantmasjienerie geloop het en sekerlik steeds loop. Niks kon ‘n mens beter aanspoor soos ‘n saktyd-dreigement nie.
Die redaksie is by aanvang afgedreig om hul opdragte vir die dag onmiddellik te begin, want die storie wat daar kan uitkom, sal dalk al diep binne more se koerant op ‘n vroeë blad weggewerk moet word.

25.3.13

Hul grootste kruis is die uitsoekeriges

Helena Koen
Oor ‘n koppie koffie is daar dikwels dik stukke in Perskor se kantien in Aucklandpark, Johannesburg, gesels. Die middagetes het ook vir menige werknemers ekstra vetjies besorg.

Hier by die restaurant is altyd iets aan die kook en reeds van ver af kry 'n mens 'n snuf in die neus dat hier op groot skaal gebak en gebrou word, berig Perskorhaan van Februarie 1972.

22.3.13

Aan die voete van Meester Hermie

Dinsdag, 2 Junie 1970, was 'n belangrike datum in die geskiedenis van die Afrikaanse Pers (1962) Bpk., want dit is die dag toe die eerste Afrikaanse Joernalisteskool geopen is. Agt voornemende joernaliste het vir ses maande onder die hande van Oom Hermie Hendriks (links) deurgeloop. Hieronder is drie stories wat in Hanekraaie van destyds verskyn het.

Die joernalisteskool se netjiese lesinglokaal is op die terrein van die Stag-gebou in Aucklandpark geleë en die minste wat 'n mens kan sê, is dat dit 'n professionele indruk wek, soos op die foto ook gesien kan word. In die middel staan mnr. Hermie Hendriks, hoof van die skool.

21.3.13

Allerdame Kittie laat rowwe Gert bloos

GERT COETZEE skryf: Enigiemand wat Kittie Vermaak ontmoet het, sal saamstem sy was die allerdame van joernalistiek.

Jongtyd daar in Aucklandpark was ons ’n redelike rowwe spul in die Kindergarten langs die lang gang af. As tannie Kittie sou instap, het jy jou beste maniere uitgestal, opgehou vloek en jou gedra. Nie dat sy ooit veroordeel of gekritiseer het nie, sy was net so ’n pragtige, ordentlike mens, jy wou haar onder geen omstandighede aanstoot gee nie.

20.3.13

Semen moes gifmoordenares van galgtou red

WILLIE BUYS skryf: Een van die eienaardigste berigte wat ek in my lang loopbaan van bykans 40 jaar as joernalis gedoen het, het gehandel oor een van die vier berugste gifmoordenaresse in die Suid-Afrikaanse misdaadgeskiedenis. Dit is ‘n berig oor ‘n angsbevange vrou in die skadu van die galg wat op die mees bisarre manier probeer het om die doodstraf vry te spring deur verwagtend te raak.

18.3.13

Varkie hol na slaghuis

TOBIE VAN DEN BERGH, redakteur van Middelburg Observer, skryf in sy boek “Hang die Redakteur, Maar God is Liefte”:  Raar maar waar. Dit kan klink na Gert Grootlieg se stories, maar dis alles die waarheid, die hele waarheid, die volle waarheid.

Partykeer kan "die ou duiwel" die skuld kry en soms is die drukkersduiwel skuldig.

15.3.13

Die veranderende koerantvrou: mooier, slimmer, eerliker

BIENKIE WESSELS was al gevestig in die joernalistiek toe die meeste van ons lesers nog op die skoolbanke was. In Perskorhaan van Maart 1973 vertel sy hoe die vrou vastrapplek gekry in hierdie beroep wat op ‘n tyd net vir mans beskore was.

“DIE Veranderende Rol van die Vrou in die Joernalistiek," klink na 'n gewigtlge verhandeling. Swaar op die maag. Kom ons laat dit net daar en begin met 'n southappie: Die veranderende koerantvrou.

(Foto bo:  Bienkie Wessels in 1973.  Toe het sy gesê:  "Sit gerus die ouderdom by.  Die jare was so goed dat ek nie 'n enkele een wil weggooi nie.)

14.3.13

Ja, ‘n mens raak selfs die lykshuis ‘gewoond’

PHILIP DEETLEFS skryf: Dit vat ‘n dag of drie, maar mens raak alles gewoond as jy genoeg blootstelling daaraan kry. Ook om letterlik hope lyke in die lykshuis te sien van mense wat weens dosyne verskillende oorsake daar beland het.

Die staatslykshuis in Braamfontein, Johannesburg, was die grootste en “besigste” lykshuis wat ek ooit mee te doen gekry het. Ek weet nie van

13.3.13

Noue ontkoming met kaptein Dawie se Peugeot

RIKA VAN GRAAN, gewese misdaadverslaggewer van Die Transvaler en The Citizen, skryf: Baie jong joernaliste is nie deur die meule van weleer nie!

Op 2 Januarie 1970 het ek saam met vier kollegas by DT begin werk. Vier van ons, Koos Roelofse, Piet Coetzer, Marieta Coetzee en ek was van die Puk af en Ona Lombard (later Viljoen) was van Tukkies af.

12.3.13

Joe se asado, minus die niertjies

JOE VAN BUUREN skryf: Ek het onlangs weer op dié foto afgekom. Frans Scheepeers het dit so ‘n paar jaar gelede per e-pos aan ons almal gestuur.

Dit is in Augustus of September 1978 by Philip Deetlefs se berugte woonstel in Troyeville in Johannesburg geneem. Die geleentheid was my afskeidsgeselligheid voor my vertrek na Perskor se kantoor in Londen.

11.3.13

Fotograaf Gert was joernalistieke leermeester soos min

ANDRIES BOTHA skryf: Gert Hattingh, gewese hooffotograaf van Die Transvaler en later baie bekend in die media weens sy kleurvolle en aangename persoonlikheid, was nie net ‘n besonderse fotograaf nie. Hy het ook menige junior verslaggewer touwys gemaak. “Streetwise” is die beste beskrywing van hom, in ‘n enkele woord.

ABJ ook bekroonde fotograaf

PIET EBERSöHN skryf: Wie het geweet wyle André Pienaar, gewese Perskorjoernalis en TV-man, was ook ‘n bekroonde fotograaf?

In die jare tagtig was daar ‘n skerp oplewing in die mark vir landboupublikasies en byna elke landboukoöperasie het sy eie blad uitgegee. Dit het daartoe gelei dat die kunsmismaatskappy Triomf ‘n wedstryd geborg het om die beste koöperasietydskrif aan te wys.

8.3.13

Heksetyd – verlede nag

JEAN OOSTHUIZEN, gewese politieke korrespondent van Die Transvaler, laat weet: HANNES CILLIERS wat toenterjare terug saam met my by DT gewerk het, het die stuk ’n paar jaar gelede op Perskor se webwerf geskryf. Dit handel oor die lewe in die nagkantoor destyds by DT. Dit is miskien nie vir sensitiewe lesers bedoel nie. Maar dis hoe dit was en geskryf soos net Hannes kon. Hy noem dit Heksetyd – verlede nag. (K’rant het die geswets uitgedoof. – Red.)

7.3.13

Ek het jou telefoonnommer – jy sal nie weer slaap niee!’

PIET EBERSÖHN skryf: SKRYF! sê Willie Buys, toe ek my mond verby praat. Maar dit het niks met die koerant uit te waai nie, protesteer ek. Skryf! sê Willie, as dit nie vir jou koerantervaring was nie, sou dit nie op jou pad gekom het nie. Vervlakste koerant! dink ek. Het jy dít ook aan my gedoen? Toe skryf ek maar.

Dit het alles begin toe Andries Botha geskryf het hy was nooit bang in Soweto nie. Toe sê iemand dis oor hy niemand te na gekom het nie.

6.3.13

‘Koop nog ‘n bottel Oude Meester en moenie die Coke vergeet nie!’

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Douglas Jones was ‘n speurder voordat hy die joernalistiek betree het. Volgens sy vorige kamerade en die deurwinterde skrywer en misdaadverslaggewer Chris Vermaak het Dougie se dossiere soos speurverhale gelees.

Ek het hom deur Willem Knoetze geleer ken, wat Saterdae as huursoldaat vir Dagbreek opgetree het. Willem het voorgestel dat ek

Japie bene in die lug

Willie Buys skryf: Geduld, ingeval. Dit is wat ons vra.

Ons versoek het te make met ons webjoernaal-"mechanic", Japie Bosch, wat die hospitaal gaan opsoek vir noodsaaklike instandhoudingswerk aan sy uittredende lyf. (Sorrie, Japie, maar ons weet dat jy weer soos ‘n jongeling gaan huppel as jy daar uitkom!)

5.3.13

Willie Buys is eintlik ‘n ‘recycled’ skollie


Philip Deetlefs en Willie Buys het op 'n tyd saam, elkeen op sy motorfiets, met hul meisies Kaapstad toe gery.

Op twee 750cc-menere nogal. Hulle vertel van daardie ondervinding.

‘Doodsrit’ genees Frikkie van motorfietse

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: My mede-nagredakteur, Dave Viljoen, het in Die Transvaler se Doornfonteinjare ‘n motorfiets gekoop. Vermoedelik om streng brandstofbeperkings tydens die huidige bewind se vryheidstryd te systap of dalk net vir plesierritte.

Willie Buys en Phillip Deetlefs het kort daarna sy voorbeeld gevolg.

4.3.13

Minister se steelfoto skaaf Piet se senuwees

PIET ROOS skryf: Ja die dae van steelfoto's was opwindend. By die pers had die fotograwe Leica's gehad wat seepglad en baie sag foto's kon neem.

Die standaard-prosedure was om die kamera aan sy band om jou nek te dra en dit vooraf in te stel om so vier voet ver in fokus te wees en dit oor te haal. Wanneer 'n persoon weier dat jy foto's neem, het jy gesê,

Reünie 2013: geborg deur Dagbreektrust

PIET EBERSÖHN skryf: Vanjaar se saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens) vind plaas op

Sondag, 24 Maart 2013 
by die restaurant Cattle Baron, 
h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Johannesburg.

1.3.13

Verlepte kranse – ’n wandeling deur my kerkhof

THIJS NEL skryf: My moeder het altyd gesê ons sê nie genoeg dankie nie en dus wil ek hiermee ook darem ‘n paar keer dankie sê aan al die mense in die joernalistiek wat my met soveel deernis bygestaan en gehelp het. Dit was veral oom Hermie Hendriks wat vir my ‘n vader was, hoewel hy dit nie geweet het nie en my so ongelooflik help slyp het. En Frans du Toit, Tom Buys, oom At de Beer met wie ek die geleentheid gehad het om ‘n week voor hy dood is, per telefoon met hom te kon praat en dankie kon sê dat hy altyd in die bresse getree het vir ‘Sonnyboy’ soos hy my genoem het, ook oom Sarel van der Walt, Kitty Vermaak, Joan Kruger en Paul Kruger – almal mense wat my lewe geweldig verryk het!