Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

4.3.13

Reünie 2013: geborg deur Dagbreektrust

PIET EBERSÖHN skryf: Vanjaar se saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens) vind plaas op

Sondag, 24 Maart 2013 
by die restaurant Cattle Baron, 
h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Johannesburg.

Die ete begin stiptelik om 12:30.  Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam.

Cattle Baron se buffet bied drie vleissoorte,‘n stysel, twee groentes en ‘n groenslaai. Nagereg sal ons van die spyskaart af bestel. Wyn, koeldrank, vrugtesap, water, tee en koffie is by die ete ingesluit. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar vir ander drank. Die ete is in ‘n private lokaal. Ons is heeltemal op ons eie. Geen lawaai/musiek.


Padaanwysings: 

Uit die Johannesburg-omgewing:  neem die Beyers Naudé- (DF Malan-) afrit en ry noord verby die Lifestyle-kwekery en draai links in Eastwoodlaan. ‘n Klein entjie verder vurk die pad. Hou regs in Scottlaan. Dit verander na Paul Krugerweg en later Nic Diederichsboulevard. Hou vir etlike kilometers reguit aan, verby SASOL GARAGE (links), steeds reguit aan oor die verkeerslig, ry teen die bult af en af en draai links by die eerste verkeerslig in FLORINWEG. Eerste straat regs om sirkel. Weer eerste straat regs by sentrum in en dan skerp regs. Ry agter om die gebou en parkeer by Cattle Baron reg voor ons eetplek.

Vanaf Pretoria: neem die N14 na Krugersdorp. Ry tot by eerste verkeerslig. Draai links. Dit word Hendrik Potgieterweg. Draai links in Nic Diederichsboulevard, etlike kilometers verder aan. By die eerste verkeerslig draai regs in FLORINWEG en volg aanwysings soos hierbo.

Om plek te bespreek moet u nie later nie as Maandag, 18 Maart 2013 R100 p.p. in die rekening van Perskorhaan (Absa Northcliff, rekeningnommer 9163942251) inbetaal. Die takkode is 334705.
Slegs besprekings waarvoor die geld inbetaal is, kan aanvaar word.

Die ete word geborg deur Dagbreektrust. En as jy opdaag. sal jou R100 daar en dan aan jou TERUGBETAAL word. Doen jy dit nie, verbeur jy jou R100.

AAUB per e-pos na ebersohn@absamail.co.za of louise.blake@nhls.ac.za of bel Piet saans tussen 19:00 en 21:00 by (012) 333 8966.

Laat weet, asseblief, al u oudkollegas met wie u nog skakeling het. Waarom nie ‘n tafel uit eie kring bymekaar kry vir ‘n lekker kuier nie?

Daar word ook 'n oproep gedoen op dié wat saamrygeleenthede aan ander kan bied om dit te doen. Dié wat saamrygeleenthede het of soek, moet laat weet sodat ons kan sien hoeveel ons bymekaar kan uitbring.