Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

8.3.13

Heksetyd – verlede nag

JEAN OOSTHUIZEN, gewese politieke korrespondent van Die Transvaler, laat weet: HANNES CILLIERS wat toenterjare terug saam met my by DT gewerk het, het die stuk ’n paar jaar gelede op Perskor se webwerf geskryf. Dit handel oor die lewe in die nagkantoor destyds by DT. Dit is miskien nie vir sensitiewe lesers bedoel nie. Maar dis hoe dit was en geskryf soos net Hannes kon. Hy noem dit Heksetyd – verlede nag. (K’rant het die geswets uitgedoof. – Red.)

Hannes Cilliers
HANNES (heksetyd verlede nag): Gewoonlik is dit snags, liewe Stella, dat dié dinge my bekruip.

Ek bly saans so lank moontlik orent, want kort nadat ek my kop neergelê het, moet bladsy vier sak. En die @#$%& nuusredaksie, met die @#$%& misdaadspul aan die voorpunt, het @#$%& weer in Vegkop gelê gisteraand. Daar is @#$$& kopie vir bladsy vier.

Gelukkig hoor ek die "tik-tik...tik" uit GB se kantoor soos hy swoeg met die nuwe tegnologie. Soms raak dit stil. Dan weet ek hy het moed opgegee en daai Bic-pen nader getrek, die een wat rigtingloos soos 'n lewensmoeë voël na alle moontlik kante toe pik. Kerspitwerk, dis wat GB elke more doen, behalwe dat die miljuisende knoppiekies wat hy maak nie wit is nie, maar blou of swart, afhangende van watter Bic-pen hy die more eerste kon beetkry. Hy loop deur 'n spul &%#@ wat iemand geskryf het met sulke sirkelbewegings totdat net so 'n dik swart rivier oorbly. (Daar is 'n paar ouens se kopie wat nét 'n swart rivier is wanneer hy klaar is.)

Polony
(Coen Pieterse)
Dan begin die buismotor onder in die fabriek hardloop en die slang sis tot in die subkantoor. @#$ dit, die @#$%& Polony het weer daai buis so vol gestop dat niks wil uitskud nie. Jy moet die proewe so haak-haak met 'n emsliniaal. En elke @#$%& nag van my lewe kom die Naas-HAB eerste uit die buis en as ek daardie proef oopvou, vloek ek vir die Barbarians. @#$ dit! Het niemand meer @#$%& eer aan sy werk nie? Nee, @#$ dit, sê ek nou die nag vir myself, ek sal met Mariska moet praat oor hierdie @#$%& dons&%#@ wat sy kry om die vroeë blaaie te sub. En net daar haak ek uit.

John Moody
Mariska was immers in 'n ander "time warp" in 'n ander inkarnasie. En John Moody met sy lugmagblou oë en sy swak vir Luyt Lager in nog 'n ander. En Ryk Hattingh het die @#$%& vermetelheid om sy dronk lyf uit die donkerkamer te sleep en The Citizen te kom probeer lees met een oog toe pleks van om bladsy vier te gryp en te begin werk. Maar alles gebeur in één @#$%& nag. Elke nag. Kort nadat ek my moeë @#$%& kop neergelê het.

Kitty Vermaak
Kort voor lank steek Phllippa háár ou @#$%& neus ook in die subkantoor in en begin kla dat haar kunsbladproewe soos eergister se hondekots lyk. En Kitty kla waaragtig oor haar vroueblaaie terwyl André desperaat probeer nuus uit die telefoon tap oor daai skietery aan die Kunene. Phillippa kan ek @#$%& weg vloek, hoekom moet ek my toorn ook oor arme Kitty uitgiet? Teen die tyd dat ek deur die adrenalien opgetjaarts is om bladsy een te pak, begin alles vervaag. Maar @#$ dit, @#$%& moreaand as ek my @#$%& kop neerlê, is dit dieselfde @#$%& storie...Groetnis, Hannes

Phillippa Breytenbach
Maar @#$ dit, @#$%& moreaand as ek my @#$%& kop neerlê, is dit dieselfde @#$%& storie... Net gisteraand het ek dit geskryf, en toe ek die bed bekruip, bekruip die gediertes my ook. Maar eers moet ek 'n plan maak met bladsy veertien. Daar het 'n hele @#$%& twee kolomme oopgeval omdat 'n advertensiesmous@&%# nie haar werk ordentlik gedoen het nie.

Toe maar, paai ek myself, ek het gistermiddag 'n bol #@# van Jean Oosthuizen uit die Kaap op die pen geslaan, dalk is dit nog daar. Dit is, want Pieter Rooi se taxi uit Soweto het weer sonder hom hier aangekom. Ek haal Jean se storie van die pen af en begin sub. @#$%&! Hoeffel keer gaan ek nóg deur &%#@ soos dié moet waad?

Peet Simonis
Die @#$%& Jean moet tog weet die @#$%& parlement sal newwer ewwer noorde toe skuif nie. Daarvoor is die @#$%& spul korrupte politici te @#$%& lief vir la dolce vita. [La Vita? Wat de kontinentale moer het van hóm geword...?] Dankie tog vir klein genadekies... Jean se twee stringetjies Kaapse &%#@ pas in daardie twee kolomme asof 'n ghaainie dit vir 'n perfect fit ge-order het. Ek gaap behaaglik, maar besef dadelik dit was 'n fout. Skielik is die gediertes terug ... Maar wie het daarna verwys? Was dit Peet (Torquemada) Simonis? Nee, want sy sondepolisie het nog nie daarin geslaag om my tot in my nagtelike koorsdrome te agtervolg en te teister nie.

Peet van Staden
Iemand het bloot van die silwer jakkals gepraat en al die stemme van die hel kom jaag deur my kop...Skielik onthou ek die heel begin toe ek nog dom en onskuldig op Marius Jooste se Massada was en ek vir Peet van Staden van die sportredaksie gevra het: "Wie is die Silwer Jakkals wat julle ouens altyd so onderlangs oor fluister?" Ongelukkig had Elise daardie juiste oggend 'n verblindende hoofpyn.

"Silwer vos, grys hond ... hang af hoe jy daarna kyk!" blaf hy. En toe verander die toneel" kondig gillende Gé aan op my beddraadlosie en versplinter my droom van jakkalse en wolwe en brollokse en bittergalle. So effens. Ek en Mike van Niekerk sit behaaglik agteroor en gesels nadat die koerant af is. Die subkantoor is stil, want ons het die spul bliksemse beweerde subs (soos Peet Smit sou gesê het) Vegkop toe gestuur "om vir ons die weg te berei" (soos Peet Torquemada in 'n ander karma nié sou gesê het nie).

Deur die grys mausoleum in Heightstaat, Doornfontein (Heightstraat, inderdaad; die engele móét 'n moerse humorsin hê) klink daar die afgelope dae marsmusiek op. Soos wanneer die koning dood is ... of sy sexieste howenier in flagrante delicto betrap is. Net die vorige middag het ek en Fanie Hattingh juis daar in Vegkop die koms van Perskor se Götterdämmerung oor twee biere sit en kontempleer.

Harald Pakendorf
Mike van Niekerk
Fanie had altyd Castle gedrink. (Wat hy nou doen daar waar hy leer bid het by die Sowetan en filiale, weet ek nie.) "Ek drink vandag 'n @#$%& Black Label," sê ek. "ter wille daarvan dat Koos B gedaal het tot 'n tweedeklasburger toe hy Harald Pakendorf gefire het. (Ons hét destyds sulke vreemde sêgoed kwytgeraak.) Julle moet asseblief die hiate in my andersins goeie geheue verskoon as ek ook daardie dae praat. (Alles raak nou bietjie vaag; anderdag skryf ek weer dáároor.) In ieder geval, hier sit ek en Mike van Niekerk in die subkantoor, stoele getiep, hande agter die kop. (Vir óns voorsopie het ons natuurlik lánkal uitgestuur na Diamond se Off Sales, met my siekefondstjekkie om te betaal.) En ons sit en kyk hoe Gert Kotzé van die een oorblywende groupie (ja, ons had sulkes) na die volgende een stap en onderlangs 'n paar woorde mompel. Nou wis ek én Mike dat die ou donder skinder oor die subkantoor, want ons sien hom beduie, en ons wis dit was een van dáárdie dae. Naderhand kan ek dit nie meer hou nie en skree: "Hèi, ou Sjert! Dissie norag om agteraf oo'rie subkantoor te loop en skinner nie.

Koos B
Kom vertel sommer hier in onse gasegte wat jy van ons dink! Maar "ou Sjert" vat sy koerant en sy ou toebroodjies en hy loop. Daai volgende more kom ek in die subkantoor aan met 'n kop so groot soos Kilimandjaro en ou Mike sit op mý plek in die hoofsub se stoel."Ho-ho-ho-go..." lag hy onderlangs, "jy moet darem pasop met wie jy skoor soek." So met sy een elmboog skuif hy 'n memorandum van Koos B nader sodat ek kan lees."Mnr Gert Kotzé is met onmiddellike effek deur die direksie van Perskor aangestel as nuwe Hoofredakteur van Die Vaderland ..."@#$!