Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

22.3.13

Aan die voete van Meester Hermie

Dinsdag, 2 Junie 1970, was 'n belangrike datum in die geskiedenis van die Afrikaanse Pers (1962) Bpk., want dit is die dag toe die eerste Afrikaanse Joernalisteskool geopen is. Agt voornemende joernaliste het vir ses maande onder die hande van Oom Hermie Hendriks (links) deurgeloop. Hieronder is drie stories wat in Hanekraaie van destyds verskyn het.

Die joernalisteskool se netjiese lesinglokaal is op die terrein van die Stag-gebou in Aucklandpark geleë en die minste wat 'n mens kan sê, is dat dit 'n professionele indruk wek, soos op die foto ook gesien kan word. In die middel staan mnr. Hermie Hendriks, hoof van die skool.


Links van voor af is: Hanlie Swanepoel, Molly Geyser, Harry van den Berg en Wim Van Volsem.

Regs van voor af is: Maureen Heyl, Nicolene Strydom, Johan Britz en Buks Pietersen. - (Foto: Len Gallagher.)  

Uit: Hanekraai:  Junie 1970)

Liewe mamie, die a. p. b. is ‘n groot organniesasie

In September 1970 skryf Hanlie Swanepoel soos volg aan haar ma:

LIEWE Mamie en Papie, Mineer henneriks sit daar voor by die tavel en vrôns nou sil ek ma gou hier agter die tikmasjien wegkryp en hystoe skrywe.

Mamie moet tog vir die anner in die Kaap virtel die a.p.b. is 'n vreeslike groot en roemantiese organniesasie. Tot die drikwerk word innie selfde gibou gidoen,

Advertensie in Dagbreek & Landstem van 19 April 1970
Dis nog lekker hier innie joernalistiskool maar ons werk vreeslik hart. Ons skrywe birigte en doen virtallngs van vroeg tot laat. Ek is goed met die joemin ientrist maar die politlek is nie my biet nie.

Mineer jan hoeksima gee vir ons hofvirslaggewirig en hy is my vywerit, Ek wens hy wil my

eendag vra om 'n storie of iets saam met hom te doen, maar eks bang sy vrou kry dalk gidagtes.

Ons het gilleer dadie joernalis twee groot proebleme het. Die een is laster en die anner lewermoeilikheid. Die eerste is as jy nie weet wanneer om jou in te hou nie en die anner as jy nie weet wanneer om op te hou nie. Mineer henneriks het ons giwaarsku dat die ene wat skool toe kom met 'n heng-ouwer jaag hy simmier by die klas yt. Hy sê 'n joernalis moet kan soesie-aal virkeer maar dissie waar dat jy die beste stories innie baar kry nie.

Oe ek kannie meer wag om te begin werk nie ons het 'n vreeslike oulikke niesridakteer met sikke seksie wolwange. Mineer henneriks sê my spelling sal eers moet virbeter voor ek oppie ridaksie kom want die hoofsap ganie so baie gedild hê soos hy nie. Maar ek worrie nie oor die spel nie want my steil maak op davoor.



Mêns moet jou nettie laat onnerkry nie maar alteit onthou thi act of riting is thi act of fyth!

Ta-ta, Hannilie.


(Uit Hannekraai, September, 1970)

Drie hoera's vir Hermie, sê “crèchekombi”se mense

Na afloop van die kursus in November 1970 het Hanlie Swanepoel ‘n terugblik gegee op die ses maande wat verby is en die mense in die klas.

En nou staan ons platvoet, vierkantig binne-in die praktyk met nuusredakteurs wat opdragte uitdeel soos militêre bevele.

Almal vra, hoe was die kursus? En ek sê, ek sal Jantjie wees as die volgende klomp opgelei word.

Waar het dit nou weer begin?

Op 'n kiI more in Junie toe agt vaal gesigte geskiedenis gemaak het. Agt mense vir wie die woord "pers" slegs 'n modekleur beteken het, het skugter saamgebondel orn die eerste joernalistiekkursus te volg.

Hoewel as kleuters uitgekryt, en ons gedienstige ou kombi selfs die benaming "crèchekombi" ontvang het, het ons onsself geleidelik in die redaksionele midde aanvaarbaar gemaak.

En só sal ek hulle onthou.

• Buks Pietersen: alombekend en bemind na die fiaskofees in die woonstel. Dis by dieselfde fees waar ek 'n venynige knyp op die dy gekry het. Tot my teleurstelting moes ek die volgende dag verneem dat dit 'n Eva was wat my so tussen duim en voorvinger gekneus het.

• Wim van Volsem: ons vlieënde Belg wat in die vyf maande meer van woonplek verander het as wat hy “human interest”-berigte geskryf het.

• Grootoog Nicolene Strydom met sjarme wat menige manneknieë laat jellie.

• Johan Britz wie se motor gerieflikheidshalwe breek as hy ná 'n naweek in Durban moet terugkeer.

• Maureen Heyl met die wit glimlag van wie een fotograaf gesê het: "Ek wil haar so graag aanneem, maar my vrou wil nie”.

• Harry van den Berg wat die gawe besit om plig en plesier te meng sonder om 'n "hangover" te kry.

• Klein Molly Geyser van Helsdingen wie se onderhoude op Kyalami bykans almal op afsprake uitgeloop het.

En Hermie, wie is Hermie Hendriks?
Hermie van lesings oor SAPA en die NPU.
Hermie van setterye en proefleestekens.
Hermie van vertalings en opvolgstories.
Hermie van kwinkslae en 'n gekruide woordjie.
Hermie, raadgewend, tugtend, dierbaar.
Drie hoera's vir ons Hermie!

(Uit Hanekraai, November 1970)

(Waar bevind dié mense hulle vandag? Laat weet ons. – Red.)