Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

11.3.13

ABJ ook bekroonde fotograaf

PIET EBERSöHN skryf: Wie het geweet wyle André Pienaar, gewese Perskorjoernalis en TV-man, was ook ‘n bekroonde fotograaf?

In die jare tagtig was daar ‘n skerp oplewing in die mark vir landboupublikasies en byna elke landboukoöperasie het sy eie blad uitgegee. Dit het daartoe gelei dat die kunsmismaatskappy Triomf ‘n wedstryd geborg het om die beste koöperasietydskrif aan te wys.

André se wenfoto soos dit in
Sentraalwes-koöpersie se
75e verjaardagblad verskyn het.
Terloops. die man agter die toekenning was Triomf se skakelbestuurder, Gert (Wollie) Wolmarans, op sy dag ‘n sportskrywer by Die Transvaler.

(Andries Botha voeg by dat Gert later aangestel is om spesiale kontakte vir DT op te bou met top-polisieoffisiere, ens. Hy was verantwoordelik daarvoor dat Abel Jones die scoopfoto gekry het toe die veiligheidspolisie Bram Fischer aangekeer het, wat toe vermom as “Mr Black” in Corlettrylaan agter ‘n baard geskuil het. Hy en Bert Ferreira het saam by DT weggebreek en ‘n skakelmaatskappy, Wolmarans, Deans en Ferreira, begin. Daarna is hy na Louis Luyt se Triomf toe.)

André (regs) ontvang sy prys van
mnr Danie van Niekerk van die
advertensiewerwingsmaatskappy, Capro. 
Die bogenoemde wedstryd het ook ‘n paar onderafdelings gehad, een daarvan vir die beste foto wat in ‘n koöperasietydskrif verskyn het.


In 1985 het André hierdie afdeling gewen met ‘n foto van ‘n sonsondergang op ‘n Wes-Transvaalse plaas, wat in Oktober 1984 in die 75e verjaardagblad van Sentraalwes-koöperasie verskyn het.

‘n Berig in die tydskrif SA Koöp se uitgawe van Julie 1985 het dié prestasie vermeld en ‘n foto geplaas van waar André sy prys ontvang.