![]() |
| Piet Ebersöhn |
23.10.13
’n Kort kuiertjie met Herman Snyman
22.10.13
Waar is Transvaler en Metro se mense?
LITA KOTZÉ, gewese redaksielid van Transvaler en Noord-Transvaler Metro, skryf: Ek het ‘n paar weke gelede K’rant ontdek toe ek op Google rondgespeel het op soek na iets. Ek het summier ingeskryf. Nou is dit te lekker om elke oggend vroeg my koerant tuis “afgelewer” te kry. Dis net, julle praat van kollegas van só lank terug, dat dit vir my ‘n openbaring is oor watter bekende name in die openbare lewe vroeër in die joernalistiek was. Dit is nietemin ‘n heerlike nostalgiese reis om daagliks te lees wat die “oumanne” gedoen het – hoe hulle die joernalistiek bedryf het. Stout, soms!Marie, jou ou doring!
LALA WAHL skryf: Marie (Lindeque), jou ou doring! Baie geluk met jul kleinding en natuurlik ook jou komende status as "Mevrou"! (Vorige berig: klik HIER.)
Ek wil nie sê "mag daar nog vele wees" nie, want een is genoeg om jou die res van jou jare gelukkig te maak!
Onthou die foto's van die groot dag moet ook kom, nè?
Ek wil nie sê "mag daar nog vele wees" nie, want een is genoeg om jou die res van jou jare gelukkig te maak!
Onthou die foto's van die groot dag moet ook kom, nè?
21.10.13
Fotodag 8a: Só ry ’n man ’n leeu!
BENNIE NEETHLING skryf: Die destydse Verre Noord-Transvaalse Toerismevereniging het by geleentheid ‘n toer vir verslaggewers deur die streek gereël – van Potgietersrus af na Pietersburg, Louis Trichardt, Messina en Tshipise, waar ons eerste oornag het. En die laaste dag deur Tzaneen en Magoebaskloof, afgesluit met ‘n besoek aan die Universiteit van die Noorde naby Pietersburg. Op die “leeu se rug” is oorlede Jaap de Bruyn, ‘n politieke verslaggewer van DieFotodag 8b: Lyn natmaak op Swakop
PHILIP DEETLEFS het dié foto opgespoor en aangestuur: André de Bruyn was in die jare sewentig en tagtig 'n gerespekteerde militêre korrespondent by Die Vaderland en later by Die Republikein in Windhoek. Dit was tydens die klimaks van die sg grensoorlog dat André Windhoek toe gekom het om as militêre korrespondent "nader aan die vuur" te kon staan. André het baie gou baie lief geword vir Namibië. Swakopmund, waar hy hier op die pier sit en lees was een van18.10.13
‘Voluntary confession’ maak sake toe moeilik
FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Op ‘n dag stap ek en The Star se misdaadversaggewer, Alan Hardy, op pad na ‘n misdaadkonferensie in John Vorsterplein met die trappe op en kry ons ‘n plas bloed op die trappe. Alan wonder of dit ‘n ongeluk- of aanrandingslagoffer se stille getuienis is.“Nee,” help ek hom reg. “Voluntary confession.”
17.10.13
Len Lindeque word oupa
K’rant se waarde
Antonie Richards se seun sê dankie
Tjaart Richards, seun van Antonie Richards, oud-assistant-nuusredakteur van Die Vaderland, skryf uit Perth, Australië: Ek wil net dankie sê vir die K'rant. Ek het 'n paar woorde oor my oorlede pa asook twee foto's daar ontdek wat my baie na hom laat verlang.
Ek onthou die ou Perskor-gebou in Doornfontein baie goed en was selfs 'n paar keer saam met my pa by Vegkop oorkant die straat (koeldrank gedrink in die dameskroeg).
Weer eens baie dankie vir die herinneringe.
Ek onthou die ou Perskor-gebou in Doornfontein baie goed en was selfs 'n paar keer saam met my pa by Vegkop oorkant die straat (koeldrank gedrink in die dameskroeg).
Weer eens baie dankie vir die herinneringe.
16.10.13
Betroubare beriggewing help geskiedenis skryf
AMANDA BOTHA skryf: Wat vir my veral groot vreugde verskaf het, was dat my notas en sekere berigte kon help om ‘n deeltjie van die politieke geskiedenis van die 1970’s en 1980’s aan te teken in die eerste twee boeke van die oudpolitikus, Japie Basson.In 2000 het Jan Heunis my gevra om saam met hom te
15.10.13
Willem de Klerk-legger gee Gert nuwe lewensin
GERT COETZEE skryf: Ek was agt toe ons Krugersdorp toe trek. Ons was in die Dopperkerk agter die dam en standbeelde, oorkant die koshuis van die Hoërskool Monument, en ons predikant was doktor Willem de Klerk.Hy het die slag gehad om vir jou spesifiek te preek, of jy agt of tagtig was. Nie vuur, swael of ’n outestamentiese, ewige verdoemenis nie.
14.10.13
Fotodag 7: Conception, waar die pad 'n duinesee is
PHILIP DEETLEFS skryf: So sewe jaar gelede het ek saam met Nic Kruger en 'n klomp ander vriende van die Republiek die sandpad aangepak al langs die see van Walvisbaai na Conception Baai. Conceptionbaai is so halfpad af na Luderitz, maar daar is nie 'n pad nie. Jy moet oor die duinesee ry.Saam met ons was onder andere oorlede oom Hennie Kotze se seun MG
11.10.13
Julle moes sy gesig sien
Hanekraai, personeelblad van die APB, het in Julie 1970 soos volg berig:
![]() |
| Johann Liebenberg |
![]() |
| Willie Havenga |
Vir Johan was dit nou nie juis 'n snaaksigheid om hom anderkant die groot blouwater te begeef nie, want hy
10.10.13
Groter of kleiner
Navrae is al ontvang oor die grootte van K’rant en die vertoning daarvan op ‘n rekenaarskerm. Die belangrikste vraag is of die letters groter gemaak kan word.Die antwoord is: ja. Druk en hou die “control-”knoppie (Ctrl, links onder op die sleutelbord) in en druk terselfdertyd die “+” of “-“ knoppie. Die inhoud op die skerm sal onderskeidelik groter of kleiner word. Die werk met enige webtuiste.
Hans fnuik die veiligheidspolisie
![]() |
| Add caption |
Nee, voor my vertrek moes my paspoort op spesiale versoek deur Buitelandse Sake geëndosseer word dat ek magtiging het om die
9.10.13
Winste van die sypaadjie-joernalis: dis wát jy optel
AMANDA BOTHA skryf: Nou en dan kry ek die geleentheid om te besin oor my loopbaan in die joernalistiek wat oor vier dekades loop. ‘n Loopbaan wat verskeie systraatjies bewandel het, maar altyd gewortel was in dissipline van die joernalistiek. As ek terugkyk – en soms die geleentheid kry om bestek op te neem, is ek so dankbaar vir die voorreg om in so ‘n beroep te kon staan. 8.10.13
Bietjie-bietjies, maar kort-kort
Die koevert hieronder het verlede week vir die eerste keer onder elke storie in K'rant verskyn. Die idee is dat lesers met een klik by 'n epos-skerm uitkom waardeur hulle 'n brief aan 'n redakteur van K'rant kan stuur.Lala Wahl het die voortou geneem en gou-gou drie briewe gestuur. Kortetjies. Dis wat ons vra. Bietjies-bietjies, maar kort-kort en kort, kort. Dit
Genade, die genot!
LALA WAHL skryf: Genade, dit is tog so genotvol en meestal komies om na ons ou koerantjare teruggevoer te word!ssie, dankie vir die herinnering aan die "Alewyn-bedanking". Ek het nooit die hele relaas gehoor nie, al het Wyn nog soms by ons in Kemptonpark kom kuier.
'n Segding van hom, ook net ná een OBS te veel, wat my steeds laat skater, was "my sussie is so vrugbaar, as jy haar groottoon afsny, groei dit dadelik weer aan".
Hier’s Alwyn en Garies
JOE VAN BUUREN skryf: Ek sien Johann “Essie” Esterhuizen vra waar Alwyn Strydom hom deesdae bevind.Alwyn het met die verloop van tyd die joernalstiek verlaat en hom in die invoer/uitvoer -bedryf gevestig. Hy het intussen die tuig neergelê en woon tans op Kemptonpark.
Andries “Garies” van Zyl het ook in die jongste tyd ‘n paar keer in K’rant gepryk, al het hy nooit by Perskor gewerk nie.
Dis spesiaal!
LALA WAHL skryf: Bennie Neethling se fotoversameling (klik HIER) is nou wraggies spesiaal en kosbaar!Dis so jammer dat ons nie 'n groot uitstalling kon hou met almal en veral ook fotograwe soos Nardus Nel, Wessel Oosthuizen en ander se werk nie.
Ek het 'n vermoede dat Joe Venter ook 'n lang-vertel-fotoversameling kan hê!
Hoera vir die nuwe kode
LALA WAHL skryf met verwysing na Perskorhaan se hempdagstorie (lees HIER): Gits, ek is bly dié gewoonte was lánk voor my tyd! Die dasse sou my gewurg het en laat voel het of ek op die skoolbanke sit! Hoerá vir die verslapping in die werksdragkode!
Ou Vaderlandberigte gevra
ELOISE PIETERSE van Pretoria skryf: Ek het op julle webtuiste afgekom, want ek soek ‘n spesiale geskenk vir my pa, Johann Pieterse, destydse verslaggewer in die sportafdeling. Hy het onder andere fietsry vir Die Vaderland gedek. Hy bly steeds in Pretoria en werk as die maatskappysekretaris vir die JD Group. Ek dink hy mis elke dag nog die koerantdae.
7.10.13
Fotodag 6: ’n Onverwagte uitklophou, luislange en oudstryders
BENNIE NEETHLINGH skryf: Die bokstoneel in die middel is ‘n foto wat ek in die vroeë jare sestig in Pretoria vir Die Transvaler geneem het. Dit was die universiteitsbokskampioenskap en die hoofgeveg van die aand.Neil Steyn was DT se verslaggewer en ek die fotograaf. Neil het vir my gesê om maar reg te staan, want Botha, van die Universiteit van die
4.10.13
Vrydag is hempdag
Hans verras Rika in Luanda
RIKA VAN GRAAN skryf: Dis met weemoed dat ek Hans Lombard se stories gelees het. Dit het my onwillekeurig laat terugdink aan my vriendskap met hom 1972. ’n Ware en beter vriend kon geen mens voor vra nie!Toe Marius Jooste besluit het om my Engeland toe te stuur vir mediese ondersoeke by Newcastle-on-Tyne was dit Hans wat my bearbei het
3.10.13
Donkie kos Joe sy baadjie en das
2.10.13
The wrong magazine was closed
In Part 1, SUZANNE BRENNER related the background to her appointment as editor of DARLING and the uproar that ensued. Accepting the position on condition she could move the magazine to Johannesburg, it came at a price she’d not really given much thought to. For some it might have been a slight inconvenience, but for Suzanne it meant overcoming a real phobia – her fear of flying.1.10.13
Alwyn se unieke bedanking
JOHAN ESTERHUIZEN skryf: Lala se foto's van Alwyn Strydom se afskeid (wat ek jammer is ek het gemis as ek so daarna kyk) het my laat terugdink aan iets wat Alwyn gedoen het wat (waarskynlik) nog nooit in die geskiedenis van die wêreld geëwenaar is nie.Hier is dit: Alwyn het sy bedanking as sportskrywer van Die Transvaler op Vegkop se kroeg se toonbank op 'n paar velletjies toiletpapier geskryf!
30.9.13
Fotodag 5: ABJ en sporthelde
WYLE ANDRÉ (ABJ) PIENAAR se neef JACO HENNING het vir K'rant 'n klompie foto's gestuur waarop sy oom verskyn.As sportskrywer het ABJ onder meer oor fietsry en boks berig. Hy het ook 'n jeugboek oor boks geskryf. Die eerste van die foto's is saam met sportmanne oor wie se doen en later hy gerapporteer het.
27.9.13
Peet se waagstuk
PEET SIMONIS skryf: Hans Lombaard, ek glo ek praat namens ons almal van K'RANT as ek jou gelukwens met jou merkwaardige reeks oor jou groot avontuur met die kleine Loyd na en van en agter die Ystergordyn.
Puik man!
Puik man!
26.9.13
'n Ontydige graf
PHILIP DEETLEFS skryf: Piet Roos se onlangse storie (klik HIER) het my laat dink aan 'n begrafnis wat ek destyds vir Die Transvaler moes bywoon. Ek kan nie meer onthou presies waar die begrafnis was nie, maar dit was destyds groot nuus.Die storie was oor twee boesemvriende wat nog skoolkinders was, wie se maatjie selfmoord gepleeg het. Uit pure, ek weet nie mooi wat nie,
25.9.13
A call out of the blue

SUZANNE BRENNER writes: My introduction to Republican Press was a real baptism by fire. Luckily, I was not fazed by challenges, but the uproar that surrounded my appointment as editor of DARLING was nonetheless a test of endurance. To contextualise this upheaval, perhaps I need to start at the beginning.
23.9.13
Fotodag 4: As jy vrou vat, vier jy dit
Toe GERHARD BURGER in Oktober 1967 in Port Elizabeth gaan verloof raak het, het die manne van Die Vaderland se kantoor in Pretoria 'n verskoning gehad om 'n ligte geselligheid te hou; onder aanvoering van André Verster.Buiten die foto's hieronder het Gerhard laat weet dat verskeie "informele foto's"ook geneem is. Hulle word diep in sy trommel
20.9.13
Kontrak met ’n laksmannetjie
FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Marshallplein was wêreldbekend as Johannesburg se polisiehoofkantoor met ‘n geskiedenis wat dekades terug strek. My eerste kennismaking met ‘n misdaadkonferensie in die historiese gebou het aan die verkeerde kant begin.Daar was nie parkeerplek by die hoofingang nie en ek is in ‘n systraat afgelaai. Die selle was onder die gebou met ‘n rits vensters wat op
19.9.13
Aangename kennis, ek is van Die Transvaler
PIET ROOS het in Perskorhaan geskryf: Hulle het my vertel dat elke koerantman stories kan vertel wat voorbladnuus sou wees, maar nooit geskryf word nie. Hierdie stories het met hulleself gebeur, Ek is deur Die Vaderland gestuur na die begrafnis van die mense wat in die vliegramp in Natal omgekom het. Dit was die eerste keer dat ek na 'n begrafnis gestuur is en die fotograaf het ook nie veel daarvan gehou nie. "Te treurig," het hy gesê.

18.9.13
Joernaliste skryf en tiksters tik
HANS LOMBAARD het verlede week vertel van sy rit in Lloyd-motor na Moskou. Dié week vertel hy van hoogtepunte wat hy in Moskou beleef het.Hans vertel van rolprente, sy kuier by die burgemeester, 'n besoek aan Prawda waar stories met die hand geskryf was en die verskrikking in die Auschwitz-konsentrasiekamp.
17.9.13
Eerste vrou Knipe die kat in die donker
16.9.13
Fotodag 3: Kooivlooi, wat soek jy in my vlooikooi!
13.9.13
Sy rook die pyp – met ‘n pyp
JUTTA KRÖGER, 'n aanvallige advertensiewerwer van Aucklandpark, het eers dertig sigarette per dag gerook. Sy het toe 'n stryd teen die gifpyle aangeknoop wat sy móés wen. Nou het sy die pyp gerook -- met ‘n pyp! Mej. Kröger het al baie metodes aangewend om minder te rook, maar almal het misluk. Sy het besef dat 30 sigarette per dag 'n bietjie kwaai is en het toe besluit om niks meer as vier per dag aan te steek nie.
12.9.13
Waardevolle koerantversameling soek tuiste
BENNIE NEETHLING, die laaste redakteur van Noordelike Stem/Northern Times op Kroonstad, skryf: Ek het heelwat staaltjies om te vertel, maar eers – my ou koerante – ek wens iemand wil dit kom haal, want indien ek doodgaan, gaan die goed waarskynlik ashoop toe, waar dit amper was.Doer in die jare negentig het ek by ons Perskor-kantoor stilgehou en
11.9.13
'n Stel posseëls vir 'n Russiese visum
HANS LOMBARD het in April in K'rant geskryf oor die aanvang van sy rit in 1958 van Bremen, Duitsland na Moskou met 'n klein Lloyd-motor. Klik HIER om dit te lees. (‘n Reeks artikels het einde 1958 in Die Vaderland verskyn.)Vandag vertel Hans verder, onder meer van die gesukkel om 'n visum te kry en eienaardige Russiese gewoontes.. Volgende week vertel hy van die hoogtepunte in Moskou onder meer sy besoek aan Prawda.
10.9.13
Gert se omgee atlete se hardekool
INA VAN RENSBURG, Oudspringbokatleet en gewese atletiekmedewerker van Metro, skryf: Atletiekmense het gekom en gegaan, maar die groot gees, oom Gert le Roux, was maar altyd daar – in dekades se statistiekboekies, waarvan hy die meesterbrein was. Atletiek en die media is vandag baie armer, want hy was ‘n lewende atletiek-internet.
9.9.13
Fotodag 2: Wilma val ver
WILMA DEETLEFS het verlede jaar by Vic Falls besluit sy wil die afgrond af.Dié foto's is in die volgorde van hoe sy haar hoogtevrees aangespreek het.
Na dese huppel sy op die randjies van enige afgrond rond sonder om te skroom.
Foto's gestuur deur Philip Deetelfs.
Na dese huppel sy op die randjies van enige afgrond rond sonder om te skroom.
Foto's gestuur deur Philip Deetelfs.
6.9.13
Dagbreek soek Rietbok met ’n duikboot
PEET SIMONIS skryf: Dit was 'n herfsaand - 13 Maart 1967 - toe ‘n Viscount-vliegtuig van die SA Lugdiens die lug laag oor hulle huis by Kayserstrand naby Oos-Londen geskeer het. Die 73-jarige mnr Mike Ford het vir sy vrou geskree om te kom kyk. Sy was betyds om met verbasing saam met hom die vliegtuig se roterende rooi lig te sien verdwyn agter die donker buitelyne van die boomplantasie wat hulle aftreehuisie se uitsig na die see versper.(Swart-en-wit-foto's ontvang van Peet. -- Red.)
5.9.13
Oor harde man Hennie en sosiale ou Otto
WILLIE BUYS skryf: Frikkie van der Walt, deurwinterde en veelsydige joernalis, se skrywe anderdag waarin Otto Krause en Hennie Kotze albei gefigureer het, het allerlei herinneringe by my wakker gemaak. In wyle Hennie se geval het dit my teruggeruk na my vormingsjare as joernalis by ook wyle Die Transvaler.4.9.13
Andries wou nog weet, toe hoor hy stasiebom
FRIKKIE VAN DER WALT skryf: In die jare sestig het ‘n voornemende joernalis se loopbaan in Die Transvaler se telekskantoor as papierskeurder begin. Anders het jy handgeskrewe briewe oorgetik of in die biblioteek beland waar jy elke dag se berigte uitgeknip en op A4-blaaie vasgeplak het. Dis volgens ‘n onderwerp soos boks, stoei, politiek, misdaad, hoofartikels, ens geliasseer. Dieselfde geld vir foto’s. Onderskrifte is uitgeknip en agter op foto’s geplak waarna dit ook 3.9.13
Die geïsoleerde gaan Spele toe!
JOHAN VAN WYK skryf: Doer in 1984, met Suid-Afrika in die middel van amperse totale sportisolasie, roep Wimpie de Klerk my eendag na sy Rapport-redakteurskantoor."Wil jy Olimpiese Spele in Los Angeles toe gaan?" sê-vra hy. Toe ek my asem terugkry, sê ek vir hom NATUURLIK, maar weet hy dat 'n SA persman by 'n Spele geen akkreditasie gaan kry nie; nie naby 'n
persbank met sy TV-skerm by elke sitplek toegelaat sal word nie; nie uitslae gaan kry nie; geen onderhoude kan bywoon nie ¬ - en tussen die 90 000 toeskouers sal moet sit en sy werk probeer doen?
2.9.13
Gee kleur aan K'rant: Maandae is voortaan fotodag
Maandae is voortaan fotodag in K’rant. Ons wil foto’s van jou as oudkollega, hetsy uit jou dae by Perskor of oor gebeure in jou alledaagse lewe, hier plaas.
Ons wil graag sien hoe en wat jy gedoen het van die dae her tot vandag. Wat het jy aangevang toe jy jonk was? Was jy miskien Mej Hoërskool of Mnr Tawwe Tienie. Wat het jy tydens jou Perskordae gedoen? Wat doen jy nou?
Fotodag 1: Dit behoort aan Lala
Teken in op:
Opmerkings (Atom)














