Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

17.10.13

Antonie Richards se seun sê dankie

Tjaart Richards, seun van Antonie Richards, oud-assistant-nuusredakteur van Die Vaderland, skryf uit Perth, Australië: Ek wil net dankie sê vir die K'rant. Ek het 'n paar woorde oor my oorlede pa asook twee foto's daar ontdek wat my baie na hom laat verlang.

Ek onthou die ou Perskor-gebou in Doornfontein baie goed en was selfs 'n paar keer saam met my pa by Vegkop oorkant die straat (koeldrank gedrink in die dameskroeg).

Weer eens baie dankie vir die herinneringe.